Maroela-onderhoude - podcast cover

Maroela-onderhoude

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Gesinne van verslaafdes verdien ook berading

“Navorsing toon dat verslawing van generasie tot generasie oorgedra word en dat dit aangeleerde gedrag is. Dis nie net die verslaafde wat in so ʼn siklus vasgevang is wat swaarkry nie, maar ook dié se geliefdes.” Maroela Media

Jun 20, 202511 min0

Is dit tyd vir ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie?

Kom luister ook na die onderhoud met Morné van Emmenes, bemarkingshoof by Virseker. Hy het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Mizanne van Wyk gesels oor Virseker se soektog na ʼn nuwe Afrikaanse verjaarsdagliedjie. Maroela Media

Jun 09, 20259 min0

Vervolgingsondag plaas kollig op Christene se nood in Afrika

Die kerk in Afrika is die grootste en jongste ter wêreld, tog ervaar dit tans ʼn ongekende aanslag. Geopende Deure Suider-Afrika wil met die herdenking van Vervolgingsondag die soeklig op dié Christene se nood plaas. Kom luister ook na die volledige onderhoud met Elizabeth Botha, mediabeampte by Geopende Deure Suider-Afrika. Maroela Media

Jun 03, 202511 min0

Franja wys haar ander, dieper kant

“Ek is beslis nog jonk van gees en jonk in my hart, maar ek voel nou anders oor sekere goed en sien uit daarna dat mense hierdie deel van my sien.” Maroela Media

Jun 03, 20259 min0

Akteursvriende skuif saam agter mikrofoon in vir treffende duet

“Moenie dink nie, doen net” is die leuse waarmee akteurs Armand Aucamp en Christia Visser se karakters in die 2015-lokettreffer Ballade vir ʼn enkeling die lewe aangepak het. Met dieselfde ingesteldheid het dié dinamiese duo, en hegte vriende, hul talente saamgesnoer vir ʼn nuwe – en in Armand se geval, debuut – enkelsnit. Maroela Media

May 23, 202520 min0

Leah spog met lied uit haar eie pen

Met lirieke soos “die lekkerste lekker ding om te doen is te soen” skerts sy dat die liedjie ook terugverwys na een van haar bekendste treffers. Maroela Media

May 19, 202511 min0

Jong musiekduo woeker met Afrikaanse musiek

Kosie het reeds as jong seun begin naam maak in die musiekbedryf met sy musikale vernuf en kan 14 instrumente bespeel, insluitend die konsertina en trekklavier. Maroela Media

May 14, 202511 min0

Kom ervaar spesiale Hemelvaart met ‘Kroon van wonders’

Franco Prinsloo, bekroonde komponis en dirigent van die Vox Chamber Choir, het saam met Lynni du Toit en Soané Ackerman, twee lede van die koor, in Maroela Media se ateljee oor "Kroon van wonders" gesels. Maroela Media

May 14, 202516 min0

Heimwee oor jongmensjare kry gestalte in Ruan Josh-snit

“Met dit waardeur ek nou is, raak mens ook bewus van die lewe en die beperkte tyd wat jy saam met jou geliefdes het. In die uitdagings wat die lewe gooi, moet jy die mooi en die seëninge raaksien.” Maroela Media

Apr 29, 202516 min0

Hondepark bring groot pootpret na jou voorstoep

ʼn Unieke hondepark open binnekort sy hekke wat beloof om jou hond se stert behoorlik te laat swaai van opgewondenheid en jou eie hart te laat warm klop. Paws & Boots-hondepark se amptelike bekendstelling vind in Mei in Clubview, Centurion, plaas, en jy en jou viervoetige vriende is welkom om hier na hartelus te kom speel en uit te span. Maroela Media

Apr 26, 202518 min0

Gesoute musikante ploeg terug in jong talent

“Ons groot doelwit is om opkomende Afrikaanse kunstenaars en mense wat in die bedryf doenig wil raak te bemagtig met soveel kennis as moontlik.” Maroela Media

Apr 23, 202528 min0

Janie Bay skryf ode aan Jan Bloukaas

“Musiek is die mooiste geskenk wat vir ons gegee is. Ek weet nie hoe mense sal ‘cope’ sonder musiek nie. Dit is waarnatoe jy gaan – jou toevlug wanneer jy nie weet wat om te doen nie.” Maroela Media

Apr 11, 202514 min0

Lesse geleer by Capitec

In sy boek 'Capitec, Stryd met die grotes', sit TJ Strydom uiteen hoe Capitec dit kon rekry om een van die grootste banke in Suid-Afrika te word. Maroela Media

Apr 03, 20252 min0

Pieter Smith tokkel snare vir kinderoortjies

Ons ken hom vir treffers soos “Stukkie van der Merwe” en “Willemina van Gezina”, maar nou maak die sanger en liedjieskrywer Pieter Smith musiek vir heelwat jonger ore. Maroela Media

Mar 17, 202511 min0
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android