Klipkouers - podcast cover

Klipkouers

Jacques Bassonklipkouers.podbean.com
Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Episode 56 (Deel 1): Elmar Conradie

Luister gerus na deel een van my onderhoud met Elmar Conradie, CEO van Safair, meer bekend in Suid-Afrika as FlySafair. Webwerf

May 12, 201720 min

KPS Episode 6: Ina Paarman

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheids idees en advies! Webwerf

May 05, 201726 min

Episode 55 (Deel 2): Ina Paarman

In deel twee van my gesprek met die legendariese Ina Paarman brei ons verder uit oor die groei van die besigheid en watter stappe geneem is om hierdie trots Suid-Afrikaanse produk die wêreld in te stuur. Webwerf

Apr 28, 201711 min

Klipkouer Kragklont: Ina Paarman Bonus Vraag 2

Verlede week kon julle deel 1 van my potgooi met Ina Paarman luister – hier is ‘n voorsmakie van deel 2 van my gesprek met sekerlik een van die bekendste handelsname in Suid-Afrika! Webwerf

Apr 26, 20172 min

Episode 55 (Deel 1): Ina Paarman

Kyk, Afrikaners hóú van goeie kos. Wat is nou lekkerder as om saam met die gesin aan’t tafel te sit en kuier terwyl almal aan ‘n heerlike, tuisgemaakte bord boerekos smul? Webwerf

Apr 21, 201726 min

KPS Episode 5: Johan Stemmet

Dis ongelooflik om te luister as ‘n suksesvolle besigheidsman en ikoon soos Johan Stemmet oor sy loopbaan en sukses gesels – nederig en plat op die aarde, maar steeds passievol na al die jare. Webwerf

Apr 13, 201722 min

Episode 54 (Deel 2): Johan Stemmet

In deel twee van my potgooi met Noot vir Noot vervaardiger en aanbieder Johan Stemmet gesels hy verder oor die unieke proses om ‘n episode op die kassie te kry – dis vreeslik interessant en bevat waardevolle lesse oor uithouvermoë, geduld en vernuwing. Webwerf

Apr 07, 201724 min

Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 2

Dis amper tyd vir deel twee van my onderhoud met sekerlik die bekendste Afrikaanse televisiepersoonlikheid van ons tyd – Johan Stemmet! Nederig. Aangenaam. Ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad. ‘n Gedugte kombinasie, en ‘n resep vir ‘n briljante potgooi! Webwerf

Apr 05, 20172 min

Episode 54 (Deel 1): Johan Stemmet

Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman. Webwerf

Mar 31, 201722 min

Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 1

Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet? Webwerf

Mar 29, 20172 min

KPS Episode 4: Johan Eksteen

Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap. Webwerf

Mar 24, 201722 min

Episode 53: Johan Eksteen

Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse woorde: “Ons voeg waarde by, maar ons skep ook waarde.” Webwerf

Mar 17, 201735 min

KPS Episode 3: Antoinette Badenhorst

Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te benut, kan énige persoon hom- of haarself opvoed en praktiese kennis opbou, wat baie voordelig in die werkplek is, asook vir aspirant entrepreneurs. So ook kan kenners hulle vaardighede en kennis...

Mar 10, 201718 min

Episode 52: Antoinette Badenhorst

Antoinette Badenhorst is gebaseer in Amerika as 'n pottebakker maar sy is nie sommer enige pottebakker nie. Webwerf

Mar 03, 201728 min

KPS Episode 2:  Pieter Kruger

Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel KPS, waar addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS Episode 2 is dan uit my onderhoud met professor Pieter Kruger van Cognacity UK. Webwerf

Feb 24, 201722 min

Episode 51: Pieter Kruger

Pieter Kruger is ‘n kliniese sielkundige wat tans in Londen praktiseer onder die vaandel van Cognacity UK, waar hy onder andere met wêreldklas sportspanne werk. Webwerf

Feb 17, 201725 min

KPS Episode 1: Denise Hattingh

Klipkouer Prontuit Sessie Episode 1. Luister na Klipkouers se nuwe inisatief genaamd “Klipkouer Prontuit Sessie” (KPS), waar ek, Jacques Basson en mede-entrepreneur Tiaan de Jager dieper delf in verlede week se onderhoud vir vars besigheidsidees en advies. Webwerf

Feb 10, 201724 min

Episode 50: Denise Hattingh

Vandag gesels Klipkouers met Denise Hattingh, ‘n klipkouer uithouer en aanhouer en besturende direkteur van KEU Underwriting Managers. Hulle spesialiseer in korttermynversekering vir die vermaaklikheidsbedryf - spesifiek die filmbedryf in Suid Afrika. Webwerf

Feb 03, 201727 min

Episode 49: Jackie Strydom

Jackie Strydom se eg Suid-Afrikaanse restaurant, Liefie, is 'n treffer in Texas. Webwerf

Jan 27, 201721 min

Episode 48: Hardus Blignaut

Hardus Blignaut is die stigter van die baie bekende klere handelsmerk en besigheid, Kakiebos. Webwerf

Jan 20, 201730 min

Episode 47: Willie Hamman

Luister hoe Willie Hamman sy besigheid, Star Pops, met 100% in 2016 gegroei het. Webwerf

Jan 13, 201726 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android