Ettiene Pretorius is ‘n baie suksesvolle en unieke entrepreneur, met vars en soms kontroversiële idees. Min mense kan egter spog dat hulle al twee keer deur Richard Branson genooi is om tyd te spandeer op sy eiland, Necker. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
Apr 25, 2018•1 hr 10 min
Gareth Cliff het ‘n Afrikaner bloedlyn wat die meeste Afrikaners jaloers sal laat bv. Piet Retief en die vader van Afrikaans, Gustav Preller. Luister na hierdie baie interessante onderhoud, veral ons gesprek oor die stand en toekoms van Potgooie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf
Apr 18, 2018•1 hr
EXAH is nie net ons nuwe borg nie, maar ook deskundiges wat huidiglik groot besighede se prosesse en sisteme drasties verbeter, wat lei tot 30% PLUS groei vir die betrokke besighede. Kom luister hoe doen hulle dit. Webwerf
Apr 12, 2018•1 hr
TV aanbieder, spreker en uitvoerende hoof van Galileo Capital, Theo Vorster, gesels met my oor die mites van Swart Ekonomiese Bemagtiging en veral die groei geleenthede wat dit Afrikaanse besighede bied. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg. Webwerf
Apr 09, 2018•32 min
Portchie is ons eie Afrikaner Picasso. ‘n Vrystaat seun met ‘n sterk entrepreneuriese agtergrond. Kom luister bietjie hoe die besigheid van kuns werk. Webwerf
Mar 28, 2018•57 min
Uiteindelik is die Klipkouers wiel weer ernstig aan die rol, maar hierdie keer vanaf die CliffCentral ateljee in Sandton! Kom luister bietjie wat aan die gebeur is en waarheen ons oppad is! Webwerf
Mar 28, 2018•12 min
Jan-Hendrik Oosthuizen is die stigter en uitvoerende hoof van 'n kreatiewe agentskap genaamd Etiket, wat op 'n kreatiewe manier kompeteer in die advertensie industrie. Webwerf
Feb 07, 2018•34 min
Sonja Smith is die stigter van Sonja Smith Funeral Group wat al verskeie besigheidtoekennings verower het. ‘n Gereelde gas op radioprogramme soos RSG en Jacaranda, het sy vrou-alleen nuwe lewe in ‘n baie moeilike en persoonlike industrie ingeblaas. Webwerf
Jan 16, 2018•38 min
Hoogtepunte van die Klipkouers Potgooi 2017. Hoop jy het 'n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2018! Webwerf
Dec 23, 2017•13 min
Moet nie hierdie BAIE spesiale en unieke episode mis nie! Ek gesels met vier mede Afrikaner Potgooi’ers wat al langer as ‘n jaar hierdie ongelooflike digitale medium probeer tem. Ons gesels oor die goeie, slegte en natuurlik die Miljoen Rand vraag: “Hoe maak mens geld met ‘n potgooi?” Die manne wat kom speel het was Willim Welsyn en sy WAT POTGOOI (@willimwelsyn), Stix en sy GEVAAALIK POTGOOI (@gevaaalikdotcom), Dirk Scheepers en sy DS PROGRAM POTGOOI (@dsprogram) en Dewald Pelser en sy MisterBA...
Dec 07, 2017•2 hr 23 min
Theo Vorster is uitvoerende hoof van Galileo Capital en TV aanbieder en spreker oor beleggings en politiek-ekonomiese vraagstukke. Webwerf
Oct 09, 2017•34 min
Ek het met ‘n skok besef dat ek Augustus laas ‘n onderhoud gelaai het! Kom hoor waarmee ek besig was en hoe die pad vorentoe lyk. Laat die wiele rol. Webwerf
Sep 23, 2017•11 min
Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is. Webwerf
Aug 04, 2017•34 min
Hierdie week in deel 2 van my onderhoud met Brand Pretorius was dit fassinerend om meer te leer oor die motor industrie en die spesifieke uitdagings wat daar is. Webwerf
Jul 21, 2017•43 min
Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius. Webwerf
Jul 19, 2017•2 min
Wat n voorreg was dit nie om met ’n Afrikaner gentleman en korporatiewe besigheids ikoon te kon gesels, naamlik, Brand Pretorius. Webwerf
Jul 14, 2017•36 min
Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius. Webwerf
Jul 12, 2017•3 min
NB! Indien jy verlede week deel 2 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier Webwerf
Jul 07, 2017•19 min
Die Klipkouer met wie ek gesels is Frans Cronje, ’n baie suksesvolle film produsent wie se films internasionaal, tot dusvêr, meer as 400 miljoen kykers gelok het. Webwerf
Jun 30, 2017•28 min
Tyd vir ‘n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje. Webwerf
Jun 28, 2017•3 min
Luister gerus na deel een van my onderhoud met Frans Cronje, seker een van die bekendste filmmakers is asook ’n akteur, in Suid-Afrika. Webwerf
Jun 23, 2017•25 min
In my nuutste potgooi gesels ek met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje. Webwerf
Jun 21, 2017•3 min
Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Webwerf
Jun 16, 2017•19 min
Luister gerus na deel twee van my heerlike fassinerende gesprek met Hettie Brittz, waar ons gesels rondom een van haar besighede “Tall Trees Training” wat nou vlam gevat het in die Amerikaanse mark. Webwerf
Jun 09, 2017•25 min
In my nuutste potgooi gesels ek met Hettie Brittz, skrywer, internasionale spreker en een van Suid-Afrika se voorste stemme oor ouerskapadvies. Webwerf
Jun 07, 2017•5 min
Die Klipkouer met wie ek gesels het isHettie Brittz en my onderhoud met haar was absoluut fassinerend. Vir die van julle daarbuite wat nie weet nie, ek is gefassineerd met hoe die brein werk, persoonlikheids dinamiek en profiele en so aan en ek dink dit is ’n area wat steeds, veral in onderwys, ’n leemte is. Soos ons in besigheid sê, “om daardie sterk punte sterker te maak en die swak punte te “outsource”. Ek het ’n lekker lang onderhoud met Hettie gehad en, weereens, wou ek nie so ’n goeie onde...
Jun 02, 2017•23 min
Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met Hettie Brittz. Die meeste van ons weet wie Hettie is. Sy is ’n voorloper, sekerlik een van die top kenners in advies vir ouers oor hoe om kinders groot te maak. Haar baie bekende boek en kursus “Kweek kinders met karakter”het meeste van ons al deurgewerk. ’n Heerlike fassinerende gesprek en veral om een van haar besighede “Tall Trees Training” wat nou vlam gevat het in die Amerikaanse mark. Webwerf...
May 31, 2017•3 min
Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel, KPS. Die idee agter hierdie video en audio sessies is addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in die vorm van ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede‑entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS episode 7 kom uit my onderhoud met die CEO van Safair, Elmar Conradie. Webwerf
May 26, 2017•18 min
As CEO van FlySafair, die mees stiptelike lugredery ter wêreld, is dit fassinerend om te luister hoe Elmar Conradie definieer en uitbrei oor wat hulle handelsmerk so doeltreffend en suksesvol maak. Webwerf
May 19, 2017•25 min
Verlede week kon julle deel 1 van my nuutste potgooi luister, waar ek met Elmar Conradie gesels – hy is die CEO van FlySafair, wat onlangs as die mees stiptelike lugredery ter wêreld aangewys is. Webwerf
May 17, 2017•4 min