Episode 124: Mike Bolhuis - podcast episode cover

Episode 124: Mike Bolhuis

Apr 22, 20201 hr 20 min
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

Misdaad is buite beheer. En, hoe dan anders, met statistieke wat dui op ‘n gemiddeld van 57 moorde per dag, ‘n roofaanval elke paar minute en ‘n verkragting elke vier minute... Dankie tog vir my jongste gas, Mike Bolhuis, wat dit as sy roeping sien om misdaad met hand en tand te beveg. Met meer as 35 jaar ervaring, is Bolhuis se genadelose en somtyds onortodokse stryd wat hy teen misdadigers voer welbekend, en selfs berug. Op een van sy T-hemde staan geskryf: ‘NO DRUGS, NO VIOLENCE’. Dit, in ‘n neutedop, is die fokus van Mike Bolhuis se krystog teen misdaad. Niemand is meer passievol oor die stryd teen misdaad as hy nie, veral wanneer vrouens, kinders en diere daaronder ly. Oor die jare was hy uiters suksesvol daarin om bende- en dwelmverwante misdade te beveg, tot so ‘n mate dat sy maatskappy as ‘n laaste uitweg beskou word. 'n Moderne "A-team"! Webwerf
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android