Taaldinge 15 November 2020
Die vertaling van die Bybel is ‘n lang en omvattende proses. Prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom van die proses, die benadering tot die vertaling en die unieke eienskappe van die 2020 vertaling.

Die vertaling van die Bybel is ‘n lang en omvattende proses. Prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom van die proses, die benadering tot die vertaling en die unieke eienskappe van die 2020 vertaling.
Taalnavrae word hanteer, en daar word gepraat oor Stockholm-sindroom, kaspaas, paria en die verskil tussen ‘n boot en ‘n skip.
Ina Strydom praat met Marlie Coetzee van die Virtuele Instituut vir Afrikaans oor VivA se nuwe aanlyn lees-en-luisterbiblioteek.
Die nuwe voorsitter en ondervoorsitter van die direksie van die Afrikaanse Taalraad praat oor hulle planne.
Hoe lyk jou Sondagmiddagmaal? Vleis, rys, pampoen, gebraaide aartappels of strooppatats? Jana Luther vertel vir Ina Strydom meer van pampoen, aartappel en patat.
In Taaldinge word taalnavrae hanteer. Daar word gepraat oor onder meer opkeil, asem, adem en van 'n berg 'n molshoop maak.
Ina Strydom praat met die samestellers van eksamenhulpboeke vir Afrikaans Huistaal, Isabella Venish en Martli Jordaan. Die boeke is beskikbaar vir Grade 10, 11 en 12.
Taalnavrae kom aan die beurt en daar word gepraat oor onder meer kalant en vabond, landdros, magistraat, bekaf en apostelperde.
Is daar vloekwoorde wat meer aanvaarbaar as ander is? Hoekom en wanneer vloek mense, en watter soort woorde gebruik hulle? Prof. Gerhard van Huyssteen vertel vir Ina Strydom meer van sy vloekprojek.
Ons praat oor die lidwoorde de, der en des en oor eenvoudige Afrikaans in die wetenskap.
Prof. Jac Conradie, emeritus-professor verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, praat met Ina Strydom oor taalverskynsels in die poësie van NP van Wyk Louw.
Wat is die verskil tussen draghoender en dragonder? Waar kom die woord, ekskuus, vandaan? Wat beteken harlaboerla?
Wat is gewone taal, en hoekom is dit belangrik? Prof. Eleanor Cornelius van die Universiteit van Johannesburg verduidelik die konsep, en vertel vir Ina Strydom wie almal by gewone taal kan baat vind.
Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans is 'n geletterdheidstrust wat 'n verskil in die Wes-Kaapse gemeenskappe wil maak deur Afrikaans. Magdaleen Krüger gesels die SBA se uitvoerende hoof, dr. Niel le Roux, en met die voorsitter van die direksie, Sandra Prinsloo, oor die relevansie van 'n slegs Afrikaans-uitgangspunt en of die stigting al in 'n meertalige rigting beweeg het.
Waar kry 'n mens antwoorde oor korrekte spelling of die regte betekenis van 'n woord of gepaste taalgebruik? Prof. Wannie Carstens praat met Ina Strydom oor die soorte bronne waar 'n mens die inligting kan kry.
Dr. Willem Botha en dr. Frikkie Lombard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is “Die Ware Jakob”. Hulle veruidelik die gebruik van drakonies, gade, lepel in die dak steek en Sela.
Ina Strydom praat met Jana Luther oor Afrikaans as visserstaal. Kom vind uit wat is, onder meer, 'n laatjie, angels en 'n joppelwind.
In taalnavrae word gepraat oor die Afrikaans vir Mall, oor letters wat dieselfde klink, maar woorde wat met die letters begin, word verskillend gespel, en sê 'n mens 18-uur of 18-honderd uur.
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens oor taalnorme, wat dit is en waarom norme ook in taal nodig is.
In Taalnavrae word gevra of 'n mens sterf aan 'n siekte of weens 'n siekte, en 'n goeie Afrikaanse woord vir cabin fever.
Ina Strydom praat met emeritusprofessor verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan UWK, prof. Frank Hendricks, oor Kaaps se oorsprong, status en toekoms.
Taaldinge wyk af van die gewone formaat. Rika Sennet doen 'n uittreksel-voorlesing uit Elsa Joubert se boek Spertyd. Joubert is die afgelope week oorlede.
Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, dr. Willem Botha, vertel vir Ina Strydom van die WAT se Tienjaarplan: die doelwitte, die vordering en die uitdagings.
In Taalnavrae word gepraat oor portret, masker, wat is kreosoot, en oor die môrestond wat goud in die mond het.
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, VivA, het onlangs sy Taalportaal en Taalonderrigportaal bekend gestel. Die projekleier, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel vir Ina Strydom wat die portale behels en hoe dit gebruik kan word.
Die afgelope week is verskeie ATKV Veertjie-toekennings gemaak. Een daarvan gaan aan Frieda van den Heever en haar program, Voetsoldaat van die Vers, wat oor die digter Clinton V. du Plessis gaan. DIt is verlede jaar as deel van RSG Skatkis uitgesaai. Luister weer na hierdie bekroonde hoorbeeld.
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel vir Ina Strydom van die projekte waarmee hulle tans besig is. Dit sluit onder meer 'n leerhulp-afdeling, 'n Covid-woordeboek en 'n muurprojek in.
In Taalnavrae word gepraat oor daaglikse brood, Engelse sout, verewekansig en oor hoe COVID-19 uitgespreek moet word.
Die pes of 'n virus as tema, kom al vir eeue in geskrifte voor. Ina Strydom praat met dr. Neil van Heerden van Unisa oor die skrywer as profeet, en die mensdom se fasinasie met die pes.
Magdaleen Krüger kyk na woordwisseling en wisselvorme soos reën en reent, en oor prestasie in die skryf van regswetenskapsartikels in Afrikaans.