Taaldinge
Afrikaans dra swaar aan sy verlede, en ly onder politieke druk. Prof. Wannie Carstens van die NWU vertel wat gedoen kan word om Afrikaans se toekoms te verbeter.

Afrikaans dra swaar aan sy verlede, en ly onder politieke druk. Prof. Wannie Carstens van die NWU vertel wat gedoen kan word om Afrikaans se toekoms te verbeter.
Wat noem ons die verskynsel wanneer dit is as dis of net soos as nes uitgespreek word. Kan dit ook so geskryf word? En is punte by afkortings nog nodig, soos byvoorbeeld m.a.w. of m.b.t.?
Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan praat verder oor Patagoniese Afrikaans. Prof. Jacques van der Elst gee ook meer inligting oor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se beursprojek vir meestersgraad- en doktorsgraadstudente wat hulle verhandelings en proefskrifte in Afrikaans skryf.
In Taalnavrae word gevra of 18:00 as agtienhonderd-uur of agtien-uur uitgespreek word. En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir die Engelse mall?
In 1902, net ná die Boereoorlog, het 'n groep Afrikaners na Argentinië getrek en hulle in Patogonië gaan vestig. Sowat 120 jaar later, is daar nog enkelinge oor wat Afrikaans kan praat. Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan in die VSA doen navorsing oor Patagoniese Afrikaans. Hy vertel meer van die navorsing.
Afrikaans is 'n herwinningsprojek. Magdaleen Kruger vind wat uit wat hiermee bedoel word.
Te midde van vele redes om moedeloos te wees, soos die ekonomie, die politiek, teleurstellende sportuitslae en druk op Afrikaans, gee prof. Wannie Carstens van die NWU voorstelle en redes om Afrikaans se toekomsvooruitsigte te verbeter.
Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van sy projek oor vloek - onder meer die taboes, taalkundige kodewisseling en selfsensuur.
Die letter S van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is bekendgestel. Wat behels dit?
Weer en weerverskynsels word op 'n unieke manier in Afrikaans uitgedruk. Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom onder meer van al die soorte reën wat beskryf word in uitdrukkings en gesegdes.
Magdaleen Kruger se gaste, drr. Willem Botha en Frikkie Lombard van die WAT beantwoord taalnavrae.
Die taalkundige, prof. Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom van sy onlangse lesingtoer in Europa wat letterlik van Basel tot Belgrado en van Zurich tot Zagreb gestrek het.
Is en was is oënskynlik eenvoudige tydsaanduidings - maar as verledetydsaanduidings veroorsaak dit nogal verwarring. Die taalkundige, prof. Ernst Kotze en die taalpraktisyn Tom McLachlan praat met Ina Strydom hieroor.
Prof. Hans du Plessis praat met Ina Strydom oor taalverskeidenheid en die dekolonisering van Afrikaans, na aanleiding van die Christo van Rensburg-gedenklesing wat hy by die NWU se Skool vir Tale gelwer het.
In Taalnavrae word die herkoms van woorde soos fliek en flaaitaal bespreek, asook die gebruik van die woorde boot, skip en skuit.
In taal is daar dikwels 'n verwantskap tussen klank en betekenis. Dit staan bekend as klankekspressie. Dit is byvoorbeeld die kerkklok wat “dong” of die “tjier-tjier” wat 'n kriek sou maak. Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor die soorte klankekspressie wat voorkom.
In taalnavrae word onder meer gepraat oor kwit, 'n geheim verklap en huise wat oorstroom.
Ina Strydom praat met die aangewese bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Anne-Marie Beukes, oor Afrikaans as akademiese taal, en die Akademie as tuiste vir en van die Afrikaanse taalgemeenskap.
Is dit die brein of taalslordigheid wat maak dat Afrikaanssprekers sê ek werk in 'n Engelse omgewing, so ek kan nie nou op die Afrikaanse woord kom nie?
In die Ewewêrelde van Afrikaans is daar baie stemme. Dr.Quentin Williams van die UWK verduidelik aan Ina Strydom wat die verskil tussen Kaaps en Afrikaaps is, en waarom die varïeteit van Afrikaans belangrik is in die groter gesprek oor en in Afrikaans.
Die gebruik van is en was word verduidelik, en ook die uitspraak van afkortings of akronieme soos FBI en Eskom.
Die storie van Afrikaans kom al die pad uit Europa - en hier in Afrika het hy taal kom word. Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens, een van die skrywers van die boek, Die Storie van Afrikaans, oor die boek en die geskiedenis.
Ina Strydom praat met Benito Trollip van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne, SADiLaR, oor die Sentrum se werksaamhede.
Word vraestelle gemerk of nagesien? Is doolhof en labirint twee verskillende dinge? Wat beteken voorstebos?
Hoe weet 'n mens of nuutskeppings - nuwe woorde - geslaagd gaan wees? Die taalkundige, Gerhard van Huyssteen, vertel aan Ina Strydom watter faktore speel 'n rol in die geslaagdheid van nuutskeppings.
Hoekom kan 'n mens nie maar net spel soos jy wil nie? Ina Strydom praat met die Taalkommissielid en taalpraktisyn van Viva, Sophia Kapp, oor spel en spelling.
Die span praat oor paaiboelie, dit gaan jou blikkies, Spoetnik en sprokkeltjies.
Prof. Jac Conradie van die Universiteit van Johannesburg vertel verder oor Afrikaans se stamboom. Ina Strydom praat ook met Karien Brits van die ATKV oor meertaligheid en inheemse tale.
Bybeltekse en -temas word al hoe meer in Afrikaanse dialekte uitgedruk en in ander tale vertaal.
Ina Strydom praat met prof. Jac Conradie van die Universteit van Johannesburg oor taalverwantskap en die stamboom van Afrikaans.