Die tale wat ons praat
Die bekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws, praat met Ina Strydom oor woordeboekdidaktiek en woordeboekkultuur.

Die bekende leksikograaf, prof. Rufus Gouws, praat met Ina Strydom oor woordeboekdidaktiek en woordeboekkultuur.
Hoekom spel ons nie soos ons praat nie? Ons sê kinnerkies, maar skryf kindertjies. Ons sê pêre, maar skryf perde.
Prof. Nerina Bosman van die Department Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria vertel meer oor hulle navorsing oor aanspreekvorme in Afrikaans, en verduidelik ook hoe luisteraars deel kan wees van die navorsing.
Daar word gepraat oor wit olifante, renosters en spierakbeentjies.
RSG 80 Jaar: In die gees van Afrikaanse radio se 80ste bestaansviering het Ina Strydom 'n program oor die taal van vakmanne in die argief opgespoor wat in 1968 uitgesaai is. Die aanbieder van die destydse program was De Waal Venter.
RSG 80 Jaar: DIE DU PLOOYS VAN SOETMELKSVLEI was een van die gewildste vervolgverhale wat die destydse Afrikaanse Diens van die SAUK in die middel jare vyftig uitgesaai het. Magdaleen Krüger het meer oor hierdie sepie gaan uitvind.
Die projekbestuurder van Afrikaans.com, Milanie Vosloo, vertel meer oor die nuwe veldtog en nooi luisteraars uit om op sosiale media deel te neem met die hutsmerk #onmisbaar.
Waar kom die woord vlooimark vandaan? Wat beteken kwasjiorkor?
Waar lê Afrikaans se wortels werklik? En is die taal 100 jaar oud, of kan sy oorsprong duisende jare terug gevind word? Prof. Wannie Carstens van die NWU praat met Ina Strydom oor die Storie van Afrikaans.
Magdaleen Krüger blaai deur die Pleknaamwoordeboek om die oorsprong van 'n plekname te kry.
Moedertaalonderrig gee aan kinders akademiese en sielkundige voordele -die bestuurshoof van die Afrikaanse Taalraad, Conrad Steenkamp en 'n direksielid van die ATR, Fatima Allie, praat met Ina Strydom oor die kwessie.
Wat is die verskil tussen uitstekend en uitstaande, en waarom gee woordeboeke nog baked beans se Afrikaanse ekwivalent aan as gebakte bone en nie as sousbone nie.
Die vertaler Tom McLachlan vertel watter vereistes en struikelblokke daar is by die vertaling van wetgewing; en daar is 'n kort uittreksel uit die regstreekse bekendstelling van die 11de Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.
Magdaleen Krüger kyk na die taalreëls wat van toepassing is by die vasstelling van plekname, en die digitering van die Afrikaanse taalkunde.
Ina Strydom praat met dr. Patrick Wela oor die tweede uitgawe van die AZE-woordeboek: 'n aanleerderswoordeboek vir Afrikaans en Zoeloe, met Engelse vertalings.
Wat is applousganse? En wat is die Afrikaans vir ice shelf?
Hoe gaan 'n mens te werk as jy iets moet vertaal? Ons gee ook terugvoer oor die negende kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Neerlandistiek.
Tot watter mate moet taalnorme geld by lirieke van liedjies.
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans het vroeër vanjaar die landroshofreëls in Afrikaans vertaal. Ina Strydom gesels met hulle woordvoerder, prof. Koos Malan, daaroor.
Magdaleen Krüger kyk na die herkoms van jou onderrok hang uit, die woord tatoeëer en die gebruik van seppoekoe en hara-kiri.
Is dit te alle tye ten alle tye - of ten alle tye te alle tye? Kom luister wat vertel prof. Gerhard van Huyssteen van die Noordwes Universiteit hieroor!
Magdaleen Krüger kyk na die verskil tussen skryf vir akademiese genres en skryf vir die wyer publiek, en die omskakeling van teks na klank in Suid-Afrikaanse tale.
'n Potpouri oor meertaligheid, met die fokus op die ATKV en Universiteit van Johannesburg se meertaligheidsweek en die Afrikaans-in-Soweto projek. 'n Student, Alpheus Ngwenya, vertel oor sy pad met Afrikaans.
Taalnavrae word beantwoord. Daar word gepraat oor spek-en-bone, in die plat sit, en obool.
Ina Strydom sit haar gesprek met prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg voort oor sy projek oor plantname en -gebruike, en die uitdrukkings wat hy teëgekom het.
Wat is polisemie, en watter rol speel dit in ons woordeskat en taalkunde. En Gaireyah Fredericks vertel van 'n paar tipiese Afrikaanse woorde en uitdrukkings in die Kaapse gemeenskap.
Prof. Ben-Erik van Wyk van die Universiteit van Johannesburg vertel van 'n projek om inheemse plantname en -gebruike op te teken.
Taalnavrae word hanteer, soos wat is goeie Afrikaans vir 'by word of mouth.'
Die Khoisan-navorser, dr. Willa Boezak, vertel meer oor die invloed van Khoisan-tale op Afrikaans; en die gebruik van afgelas word 'n bietjie duideliker gemaak!
Kom vind meer uit oor die gebruik van die konstruksies pa-hulle en pagoed in Afrikaans, en die taalpraktisyn Tom Mclachlan verduidelik die gebruik van omskep teenoor omgeskep, en soortgelyke woorde.