Mauritz nooi Nicolien vir aandete, iets wat sy nie in haar wildste drome voorsien het nie. Die vraag verdiep rondom die rooi Valentynsroos wat sy gekry het, want sy is nou seker dit was nie hý wat dit gestuur het nie. Wie was dit dan?
Jun 21, 2024•13 min•Season 1Ep. 30
Dylan is raadop met die Swartrugmeeue wat sy kiosk bemors, maar Willie het raad en ʼn ernstige waarskuwing oor jong manne wat weer daar opgedaag het. Skote klap op die hawe. Tannie Ouvrou probeer laataand vir Dylan troos met stories van die Blombos-grot, maar dit is tevergeefs.
Jun 20, 2024•11 min•Season 1Ep. 29
Mauritz word laataand in stormweer uitgeroep deur Seeredding. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ongerus en hou tuis wag met ware stories van oorlewing en verdrinking om hulle wakker te hou. Onbekende besoekers hang weer rond by Dylan se koffiekiosk.
Jun 19, 2024•10 min•Season 1Ep. 28
Dylan daag op by die Toeristekantoor in gietende reën met stories oor vloede-van-vroeër wat Engela skaars kan glo, maar eintlik wil hy met Gladys gesels. Willie daag ook daar op, en Engela hoor Seeredding is op bystand vir mense op see. In dié weer? Dinge is op ʼn mespunt en op ʼn seer plek vir Engela en Willie.
Jun 18, 2024•10 min•Season 1Ep. 27
Mauritz nooi Nicolien om die duikgoed in sy kamer te kom aanpas, en dit word amper meer as ʼn aanpassessie. Oom Fred vertel hulle ʼn paar dinge oor skubaduik in Bloubaai wat vir hulle nuus is.
Jun 17, 2024•12 min•Season 1Ep. 26
Dis Markdag op Bloubaai, en Tannie Ouvrou en Mauritz is ook daar. Sy gebruik die kans om Mauritz ʼn belangrike lewensles te gee. Willie dink hy het Tannie Ouvrou in ʼn hoek oor Jack de Wet se omspring met die casinovoorstel, maar sy het hom gou op die agtervoet met slim voetwerk. Dis haar beurt om vir Willie skoknuus te gee.
Jun 14, 2024•9 min•Season 1Ep. 25
Dylan kry ʼn groot verrassing by die koffiekiosk wat sy bemarkingsplanne ʼn hupstoot gee. Nicolien en Oom Fred maak op hulle beurt ook nuwe ontdekkings daar, soos memorabilia en ou foto’s wat stories van Bloubaai en Dylan se mense op see vertel.
Jun 13, 2024•10 min•Season 1Ep. 24
Engela ruim Die Seekat se stoorkamer op en kry allerhande verrassings, onder andere ʼn ou bliktrommel wat aan Jack de Wet behoort het. Hoekom is Tannie Ouvrou geskok toe sy dit sien, en hoekom neem sy dit dadelik weg? Is daar geraamtes van die verlede daarin soos die een waarvoor Engela haar byna doodgeskrik het by die Toeristekantoor?
Jun 12, 2024•10 min•Season 1Ep. 23
Mauritz ruim sy Surf Shack op ná die brand en deel sy groot planne vorentoe met Willie. By die koffiekiosk het Dylan ook nuwe sakeplanne, met Die Seekat wat gesluit word vir opgradering. Dis nie aldag dat Jack de Wet hom ʼn gaping gee nie, en hy gaan dit vat. Nicolien kom een stap nader aan haar duiklesse by Mauritz.
Jun 11, 2024•10 min•Season 1Ep. 22
Oom Fred stel Nicolien by die Toeristekantoor bekend aan die unieke varswaterpalings van Palinggat. Engela en Jack de Wet daag ook daar op, en Oom Fred noem hom “so glad soos ʼn paling”. Engela doen aansoek vir ʼn nuwe werk, en Nicolien trek ʼn geheim van Tannie Ouvrou uit ʼn onwillige Oom Fred.
Jun 10, 2024•10 min•Season 1Ep. 21
Engela se besluit oor haar en Willie se vriendskap maak verskeie emosies in haar wakker. Daar is groot drama by Mauritz se Surf Shack en opnuut vrae of dit ʼn ongeluk, misdaad of stropers se werk was. Nicolien wonder of sy ooit nader aan die hart van die Strandloper sal kom.
Jun 07, 2024•11 min•Season 1Ep. 20
Jack de Wet sorg vir groot nuus oor die casinobesluit wat almal, ook vir Tannie Ouvrou, onkant vang. Oom Fred is beïndruk met Dylan se nuwe voorbeeldige lewe. Maar kan Dylan vertrou word? Tannie Ouvrou kry ʼn kookles oor die tradisionele “Langsous”.
Jun 06, 2024•10 min•Season 1Ep. 19
Engela en Willie se verhouding kry weer koers ná die casinopetisie. Is dit begrip en omgee vir mekaar of liefde wat hulle saambind? Tannie Ouvrou waarsku Engela oor haar en Willie se verhouding, en Engela word gedwing om ʼn drastiese besluit ter wille van haar dogtertjie te neem.
Jun 05, 2024•11 min•Season 1Ep. 18
Nicolien is verras met Dylan se oulike planne vir sy kiosk. Hy het net een doel, en dit is om meer geld te maak. Sy gee nie op om die waarheid oor die dood van Mauritz se pa uit te vind nie en besoek Willie wat sy destydse duikmaat was. Maar ʼn ongeluk beduiwel sake weer vir haar.
Jun 04, 2024•10 min•Season 1Ep. 17
Oom Fred se verjaarsdagbrakkie kry ʼn naam. Mauritz kry die jongste nuus oor die perlemoenstropers én ʼn waarskuwing van Oom Fred oor sy duikery. Nicolien probeer Mauritz oor die Haliartus-skeepswrak en sy pa se skielike duikdood uitlok, maar sy loop haar weer vas.
Jun 03, 2024•10 min•Season 1Ep. 16
Dit is Oom Fred se verjaarsdag, maar eintlik ʼn dag wat hy nie wil vier nie. Tannie Ouvrou bederf hom, en Mauritz sorg vir ʼn verrassingspresent wat almal in die Son en See-losieshuis weer aan die lag het.
May 31, 2024•10 min•Season 1Ep. 15
Nicolien se dagboek hoor van haar diepste hartsgeheime. Dylan soek dringend na Mauritz oor ʼn noodsituasie. Nicolien moet saam met hom inspring in ʼn dapper reddingspoging. Versag dit Mauritz se hart teenoor haar?
May 30, 2024•12 min•Season 1Ep. 14
Willie en Tannie Ouvrou loop op Dylan se spoor ná Bobbi se boodskap. Hulle het rede om onrustig te wees, want dieselfde boodskap duik weer op: “Jou luck het gedraai.” Dinge is aan die verander tussen Willie en Engela.
May 29, 2024•9 min•Season 1Ep. 13
Tannie Ouvrou se rustige aand by die losieshuis word versuur deur Oom Fred wat ontstellende nuus met haar deel. Jack de Wet se naam kom weer ter sprake, die man wat Bloubaai wil verander met sy casinoplanne. Hoekom gaan Tannie Ouvrou hom nie teë nie? Sy kry ʼn SMS wat haar onthuts.
May 28, 2024•10 min•Season 1Ep. 12
Nicolien hoor by Engela hoe die twee Spaanse vroue wat saam met Mauritz duik oor hom swymel. Sy probeer Engela oorreed om saam te gaan na ʼn oefening van seeredding, maar Engela het haar bedenkinge – veral omdat Willie daar gaan wees.
May 27, 2024•10 min•Season 1Ep. 11
Oom Fred terg Mauritz oor die twee aantreklike Spaanse duikers wat vir ʼn duikkursus by hom aangekom het en boonop ook by die losieshuis tuisgaan. Dylan se koffiekiosk boer agteruit, en die casinogedagte word al hoe aantrekliker vir hom.
May 24, 2024•9 min•Season 1Ep. 10
Willie besoek Engela by Die Seekat-restaurant om haar handtekening vir die casinopetisie te kry, maar hy kry ʼn antwoord wat sy asem wegslaan en wat hulle verhouding verander. Dit is duidelik dat Bloubaai in twee geskeur word deur Jack de Wet se aksies.
May 23, 2024•10 min•Season 1Ep. 9
Tannie Ouvrou en Oom Fred het een van hulle vele uitbarstings in die losieshuis. Engela leer hoe om Seewierjellie te maak wat ʼn feestelike Bloubaai-nagereg is. Daar is groot kommer oor Mauritz wat nie met die geleende bakkie opdaag ná sy duikery nie.
May 22, 2024•10 min•Season 1Ep. 8
Nicolien is verstom oor die ware stories wat Dylan haar van die visvywers op Bloubaai vertel. Sy loop Mauritz by Geel Walle raak waar hy pas klaar geduik het. Maar hulle is nie alleen nie. Daar is vreemde mededuikers, en hulle twee kry ʼn onwelkome verrassing.
May 21, 2024•10 min•Season 1Ep. 7
Mauritz maak klaar om te gaan duik. Willie waarsku hom om ekstra versigtig ná die skietery te wees. Hulle spekuleer, soos almal, oor die voorval by die hawe. Mauritz onthou van die briefie die vorige aand en Dylan se woorde, “my luck sal draai”, wat Willie twee en twee bymekaar laat sit.
May 20, 2024•10 min•Season 1Ep. 6
Oom Fred en Nicolien spoor Dylan eindelik op, maar daar is meer vrae as antwoorde oor Dylan se gedrag. Oom Fred stel ʼn ultimatum aan Dylan. Daar is pistoolskote by die hawe … ʼn eerste keer op Bloubaai. Wie skiet na wie, en hoekom?
May 17, 2024•10 min•Season 1Ep. 5
Engela en Willie se vriendskap vat vlam oor middagete in haar restaurant, Die Seekat. Engela is bekommerd oor Mauritz se duikery, veral met sy pa wat jare gelede ook geduik het en sy raaiselagtige dood daarna. Dylan raak onverwags soek. Hoekom is almal op hol oor sy verdwyning?
May 16, 2024•10 min•Season 1Ep. 4
Nicolien wag Mauritz by die losieshuis in. Sy moet vir hom ʼn geheimsinnige briefie van Tannie Ouvrou gee. Sy wil dolgraag saam met hom gaan duik, maar die ongeluk verander die planne. Tannie Ouvrou bied aan om Oom Fred by die losieshuis te versorg. Dít is ʼn plofbare situasie in wording.
May 15, 2024•11 min•Season 1Ep. 3
Willie lig Tannie Ouvrou in oor die ongeluk by die hawe waarin Oom Fred, Nicolien en Bobbi-hulle was. Engela wonder oor Dylan. Hy is nie sy ou vrolike self by sy koffie kiosk op die hawe nie; selfs die seevoëls word uitgeskel. Boonop kry hy ʼn oproep wat hy ongemaklik kortknip.
May 14, 2024•10 min•Season 1Ep. 2
Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit eindig rampspoedig.
May 13, 2024•10 min•Season 1Ep. 1