Strandloper – ’n vervolgverhaal - podcast cover

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Maroela Mediamaroelamedia.co.za
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeufeesjaar nie, maar ook Bloubaai se 100ste bestaansjaar, en die dorp gaan ʼn dubbele viering daarvan maak. "Strandloper" word vervaardig deur Maroela Media. Dit is egter nie al wat die dorpenaars besig hou nie. Onder die blou waters lê die rykdomme van die see: kosbare perlemoen en skeepswrakke wat gierige hande lok. Hiérin lê een van die dorp se bes bewaarde geheime vasgeknoop. Strandloper se pa het onder raaiselagtige omstandighede gesterf, en almal swyg daaroor. Steeds gee niemand bes nie. Dít is die opwindende storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal "Strandloper", geskryf en opgevoer deur Bettie Kemp.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

[Slot-episode] Strandloper – Episode 120

Bloubaai hou bruilof, en almal is daar om Bobbi se groot dag te vier. Visstok verras die gaste met sy skielike aankondiging … en dan gebeur die ondenkbare. Die mooiste dag word ʼn verskriklike dag, en die Strandloper het die laaste woord.

Oct 25, 202413 minSeason 1Ep. 120

Strandloper – Episode 119

Mauritz kry ernstige waarskuwingstekens ná sy jongste duiksessie met die Spaanse besoekers. Oom Fred gaan vir eers sy tasse moet uitpak, en Tannie Ouvrou is byderhand met haar wyshede. Mauritz bring skokkende nuus oor Nicolien.

Oct 24, 202410 minSeason 1Ep. 119

Strandloper – Episode 118

Tannie Ouvrou is bekommerd oor Mauritz wat steeds nie uitkom ná ʼn duiksessie nie en sake raak ernstig. Intussen word Saterdag se troukoek klaargemaak met al die stories wat met so ʼn spesiale koek gepaard gaan. Die feesvoorlegging kry momentum.

Oct 23, 202411 minSeason 1Ep. 118

Strandloper – Episode 117

Willie gee vir Oom Fred ontstellende nuus. Die ergste is, dis weer Oom Fred se aartsvyand wat daarvoor verantwoordelik is. Hoe is dit dat hy almal altyd uitoorlê? Daar is ʼn verdrinking wat die dorp skok, en Willie sê vir Dylan wat sy diepste vrees is.

Oct 22, 202410 minSeason 1Ep. 117

Strandloper – Episode 116

Bobbi se aanpassessie van haar trourok word ʼn heerlike “trip down memory lane” by Tant Betta se huis, wat skielik deur ʼn vreeslike gil onderbreek word. Dylan dreig om Saterdag se troue te ontwrig met sy eie agenda, maar Bobbi gaan niks van sy nonsens duld nie.

Oct 21, 202410 minSeason 1Ep. 116

Strandloper – Episode 115

Oom Fred en sy manne moet dringend nuwe waterdigte planne maak om hulle mampoerprojek geheim te hou. Tant Betta toets hulle deeglik met haar nuuskierigheid. Oom Fred se verlede is besig om hom in te haal, wanneer hy dit die minste verwag.

Oct 18, 202411 minSeason 1Ep. 115

Strandloper – Episode 114

Die losieshuis se ou houtstoepbank speel ʼn groot rol in Engela se lewe: Dit bring haar uit by ʼn nuwe vriend en mentor wanneer hartseer haar wil oorweldig. Boonop kry sy by hom blink, nuwe planne vir die dorp se feesvoorlegging.

Oct 17, 202412 minSeason 1Ep. 114

Strandloper – Episode 113

Die aanpassessie van die trouklere by Tant Betta se huis is alles behalwe kalm en rustig; Dylan sorg vir groot moleste. Tannie Ouvrou hou nie terug wanneer sy die kans kry om haar sê te sê oor dwarstrekkers en boikotters van die dorp se feesvoorlegging nie.

Oct 16, 202410 minSeason 1Ep. 113

Strandloper – Episode 112

ʼn Vreemde besoeker maak sy opwagting op Bloubaai se strand. Mauritz en Willie sukkel om die nuuskierige skare op ʼn veilige afstand te hou. Mauritz kry nuus van Nicolien oor haar soektog na haar biologiese ouers wat Engela diep ontstel.

Oct 15, 202411 minSeason 1Ep. 112

Strandloper – Episode 111

Bobbi skok en verras Tannie Ouvrou met onverwagse goeie nuus. Oom Fred se verlore geheime mampoerdokumente duik skielik op. Tant Betta se bostelefoon is vir ʼn verandering nie die eerste wat weet van die groot nuus van Bloubaai nie.

Oct 14, 202410 minSeason 1Ep. 111

Strandloper – Episode 110

Oom Fred, Visstok, Willie en Mauritz vergader in die geheim by die losieshuis met planne vir ʼn topmampoerstokery op Bloubaai. Hulle het ʼn unieke noodplan vir ingeval hulle dalk hieroor gekonfronteer sou word. Dit word gou-gou tot die uiterste toe beproef.

Oct 11, 202411 minSeason 1Ep. 110

Strandloper – Episode 109

Met Nicolien terug in Johannesburg neem Engela die leisels oor van die dorp se voorlegging vir die Afrikaans 100-fees. Bobbi ontdek ʼn reusefout in hul beplanning. Dit word nou tyd vir krisisbestuur. Is daar genoeg tyd om dinge reg te stel? En hoe gaan hulle dit doen?

Oct 10, 202410 minSeason 1Ep. 109

Strandloper – Episode 108

Mauritz vertel Willie van mediaberigte oor ʼn gierige Britse maatskappy wat sy hande verbrand het met die skatte van ʼn wrak, en hy kry self ʼn waarskuwing. Dylan stel Willie bekend aan pêrekulle, maar Willie het ander dringende vrae vir Dylan.

Oct 09, 202410 minSeason 1Ep. 108

Strandloper – Episode 107

Bobbi val weer in by die losieshuis en hoor van alles wat die afgelope paar maande op Bloubaai gebeur het. Oom Fred het opgepak en is gereed om te verhuis, maar hy kry onverwags teëspoed uit ʼn nuwe oord. Danksy Bobbi se nuuskierigheid hoor ons iets van sy duister verlede.

Oct 08, 202411 minSeason 1Ep. 107

Strandloper – Episode 106

Engela trek sak en pak na haar huurhuis oorkant die losieshuis. Willie en Visstok help haar – hulle sweet en die bloed loop letterlik. Dan kom meng Tant Betta in. Die poets wat die twee mans vir haar beplan, ontplof in hulle gesig. Wie laaste lag, nè!

Oct 07, 202410 minSeason 1Ep. 106

Strandloper – Episode 105

Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers.

Oct 04, 202411 minSeason 1Ep. 105

Strandloper – Episode 104

Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die einde van ʼn era vir hom.

Oct 03, 202410 minSeason 1Ep. 104

Strandloper – Episode 103

Nicolien kry vroegoggend ʼn verrassingsbesoek by die losieshuis van Dylan wat groot nuus het. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ook oorstelp van vreugde oor die nuus. Wie gaan hierby baat, wonder almal … behalwe Dylan.

Oct 02, 202410 minSeason 1Ep. 103

Strandloper – Episode 102

Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy veiligheid in die diep waters … met rede.

Oct 01, 202410 minSeason 1Ep. 102

Strandloper – Episode 101

Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem. Dylan is vol wenplanne, wat moeilik geklop gaan word.

Sep 30, 202410 minSeason 1Ep. 101

Strandloper – Episode 100

Nicolien verras Mauritz laataand by die losieshuis. Sy’t nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers… wat op ʼn vreemde aansluit by Mauritz se passie vir wrakke en die Amerikaner Tim Taylor se soektog na verlore duikbote op die seebodem.

Sep 27, 202411 minSeason 1Ep. 100

Strandloper – Episode 99

Visstok help Engela om die gordyne van haar nuwe huis te meet, en die sessie neem ʼn hele nuwe wending aan wat haar voete letterlik onder haar uitslaan. Tant Betta se nuuskierigheid oor die twee kry die oorhand, en haar vermoedens word bevestig.

Sep 26, 202412 minSeason 1Ep. 99

Strandloper – Episode 98

Engela is verras om Willie op die strand te kry, wat waghou by ʼn gevaarlike seeslang. Dylan is op ʼn missie om sy verlore medalje terug te kry. Hy spog agterna met sy slim plan, maar dit kom terug om hom aan die hakskeen te byt, soos die dodelike seeslang.

Sep 25, 202410 minSeason 1Ep. 98

Strandloper – Episode 97

Tannie Ouvrou kry ʼn verrassing op die kombuistafel, ná Oom Fred en die manne se “vergadering” die vorige dag. Mauritz gee Oom Fred ʼn splinternuwe mampoerplan, tot Tannie Ouvrou se ontsteltenis … en hy kry nuus uit Johannesburg van Nicolien.

Sep 24, 202411 minSeason 1Ep. 97

Strandloper – Episode 96

Oom Fred roep vir Willie en Visstok bymekaar vir ʼn vergadering op ʼn ongewone plek: onder die melkhoutboom op Tant Betta se erf. Die middelpunt van die vergadering is ʼn ou mampoerstookketel. Hulle groot planne word onverwags onderbreek.

Sep 23, 202411 minSeason 1Ep. 96

Strandloper – Episode 95

Tannie Ouvrou maak ʼn nuuskierige draai by Dylans en kry ʼn paar verrassings. Sy en Dylan maak ʼn skokkende ontdekking. Engela lewer ʼn pakkie vir Dylan af – dit is van ʼn onbekende afsender, wat suspisie by Tannie Ouvrou wek.

Sep 20, 20249 minSeason 1Ep. 95

Strandloper – Episode 94

Visstok sorg vir meer as een verrassing in Engela se soektog na ʼn nuwe huis. Word hy meer as ʼn steunpilaar vir haar? Willie daag ook op om Engela te help, en die ou vonk tussen hulle wil maar net nie uitgedoof word nie.

Sep 19, 202412 minSeason 1Ep. 94

Strandloper – Episode 93

Willie en Oom Fred is bekommerd oor hulle koffiekiosk wat toe is as gevolg van Dylan en sy probleme. Hulle besluit op ʼn hele nuwe strategie om die saak op te los. Intussen probeer Mauritz help – met chaotiese gevolge. En dan verras Dylan hulle almal, weer ʼn keer!

Sep 18, 202410 minSeason 1Ep. 93

Strandloper – Episode 92

Nicolien besoek Dok met haar buikprobleme en kry ontstellende nuus en ʼn opdrag: Sy moet haar biologiese ouers probeer opspoor vir hulle mediese geskiedenis. Toe sy Mauritz gaan groet, maak hy ʼn bekentenis wat haar in trane het.

Sep 17, 202410 minSeason 1Ep. 92

Strandloper – Episode 91

Nicolien en Engela hou nabetragting van die mieliebôl, en daar kom ʼn paar interessante dinge oor Visstok uit. Engela is verras oor die gebeure rondom Willie en sy vrou, Anet. Visstok kom tot Engela se redding in haar soektog na ʼn nuwe woonplek.

Sep 16, 202410 minSeason 1Ep. 91
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android