Episode #9 - God het nie robotte gemaak nie - podcast episode cover

Episode #9 - God het nie robotte gemaak nie

Mar 01, 202330 min0
--:--
--:--
Download Metacast podcast app
Listen to this episode in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episode description

In hierdie week se episode gesels ek weer met Ds Braam Hanekom. Ons gesels oor of en hoe mens 'n liefdevolle God met die verskriklikste rampe kan versoen. As God dan almagtig, alwetend en alomteenwoordig is, waarom stop hy nie rampe nie!? Hoe kan mense sê "God is goed" nadat 'n baba die aardbewing in Turkye oorleef maar meer as 44 000 mense is in dieselfde aardbewing dood nie.

Braam gee vir ons 'n blik op 'N perspektief. Is daar 'n finale antwoord hierop of nie. Luister gerus na die hele gesprek.

Jy kan Ds Braam Klopper se besonderhede op sy webblad kry: www.braamklopper.co.za

My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns.

Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning.

Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister.

Jy kan my hier per epos kontak.

For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android