Motorrubriek 22 Maart 2025
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Verskeie organisasies soos die ANC, SAKP en Cosatu beplan 'n hartlike verwelkoming terug in Suid-Afrika vir die voormalige ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool. Intussen word name in die hoed gegooi vir Rasool se vervanging.
Wessel Pretorius toetsry 'n snoetbussie.
Amerika skop Suid-Afrika se ambassadeur uit dié land. Inwoners van die Kamiesberg-distrik in die Noord-Kaap is keelvol vir swak dienslewering. Ons fokus op Suid-Afrika se strewe na geregtigheid en gelykheid oor die afgelope 30 jaar. 'n Bekende onderwyskundige lê die tuig neer.
Wessel Pretorius toetsry 'n kruisvoertuig.
Kruisondervraging van die drie beskuldigdes in die Joslin Smith-verhoor sal na verwagting volgende week begin. minder renosters is verlede jaar in Suid-Afrika gestroop, maar die stryd teen sindikate duur voort. Organiseerders van die Johannesburg Rolprentfees hoop om die Goudstad as die rolprenthoofstad te hervestig.
Wessel Pretorius toets 'n nuwe sewe-sitplekker.
Ons praat met 'n politieke ontleder oor die uitval tussen Amerika se president Donald Trump en sy Oekraïense eweknie, Wolodimir ZelenskI. Hoekom is Gauteng se gesondheidsdepartement in 'n geldelike penarie? Die Britse eerste minister en ander Europese leiers bevestig hulle steun vir die Oekraïense president.
Wessel Pretorius toetsry een van die talle Chinese sportnutse wat die plaaslike mark betree het.
Ons plaas die fokus op vermiste kinders in Suid-Afrika. Die Vryheidsfront Plus kies 'n nuwe leier. Twee rondreisende klaskamers kweek 'n liefde vir lees en boeke by kinders. Die Blitsbokke op die wenpad in Vancouver.
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford-sportnuts.
Daar is groot kommer in die Departement van Basiese Onderwys oor die groot aantal matrieks wat nie plek in universiteite kan kry nie. Baie Suid-Afrikaners het hierdie week diep besin oor wie hulle nou eintlik is. Radio word as 'n belangrike medium beskou vir die bespreking van klimaatskwessies.
Wessel Pretorius toetsry 'n Indiese kruisvoertuig.
Die Parlement se Staande Komitee oor Verdediging eis 'n verduideliking van die Presidensie oor die redes vir die ontplooing van Suid-Afrikaanse soldate na die DRK. Ons kry reaksie van onder meer die landbousektor op President Cyril Ramaphosa se staatsrede. Ons praat met 'n psigiater by die Dwelm- en Alkoholsentrum oor die wanpersepsies van daggagebruik.
Vier polisiebeamptes wat vermoedelik die sogenaamde onwettige mynkoning van Stilfontein bygestaan het, is in hegtenis geneem. Die veiligheid van studente is weer in die kollig terwyl tersiêre instellings voorberei vir die begin van die 2025 akademiese jaar. Hamas oorhandig twee Israelse gyselaars aan die Rooikruis.
Wessel Pretorius toetsry 'n haastige Ford-bakkie.
Die Ditsobotla-munisipaliteit in Lichtenburg, Noordwes, gaan gebuk onder ernstige dienslieweringskwessies. Die burgemeersterskomiteelid vir veiligheid in Kaapstad, JP Smith, beweer 'n politieke smeerveldtog word teen hom gevoer. Meer besonderhede oor die tweede uitruilingstransaksie van gyselaars tussen Israel en Hamas.
Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsvraag.
Watter menseregtekwessies is ter sprake in die Stilfontein-sage? Ons praat met 'n regskenner. 'n Inspirerende avonturier gee raad oor hoe om positief te bly in moeilike omstandighede.
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag.
Die ANC vier sy 113e bestaansjaar in Khayelitsha in die Wes-Kaap. Medelye stroom in vir Koning Khoisan SA wie se vrou gister in 'n motorongeluk in die Noord-Kaap gesterf het. Ons praat met 'n paar Graad 1's wat Woensdag hulle nuwe skooljaar aanpak. 'n Nuwe vlaag brande kan in Los Angeles uitbreek.
Wessel Pretorius praat oor padveiligheid.
'n Ekonoom verduidelik hoe jy jou rande in die nuwejaar kan rek, en 'n skuldberader gee raad. Is nuwejaarsvoornemens 'n euwel of 'n aansporing? Die Kaapse Klopse laat waai in Kaapstad.
Anita Visser kyk terug op 2024 met van die program se beste stories.
Wessel Pretorius raad oor padveiligheid.
Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, moet norme daar stel vir die volledige implementering van die Bela-wet. Beeld het gister vir die laaste keer op straat verskyn. Die nuus- en aktualiteitspan groet Anita Visser wat op 31 Desember aftree.
Wessel Pretorius gee padveiligheidswenke.
Talle bejaardes in die Tshwane- metro sit dalk oor die feesseisoen op straat. Die DBV sê hy is bekommerd oor mense se interaksies met wilde diere oor die Desembervakansie. Ons volg op oor die onderwyskrisis in die Noord-Kaap.
Wessel Pretorius kry raad oor hoe jy jou voertuig gereed kry vir die langpad.
Die staking deur vlieëniers van die SAL is vir eers opgeskort. Chris Hani se moordenaar is amptelik gedeporteer. Pole neem van 1 Januarie af die roterende presidentskap van die EU oor.