Die beweerde verkragting van 'n 101-jarige ouma in Limpopo skok en ontstel inwoners. 'n Vierde dam naby Malmesbury word fyn dopgehou vir tekens van ineenstorting. Ons praat met die voormalige Olimpiese atleet, Zola Budd, oor haar onderonsie met die Amerikaner, Mary Decker, op die atletiekbaan op 10 Augustus 1984.
Aug 10, 2024•52 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Suid-Koraanse buksie.
Aug 03, 2024•4 min
'n Kwadrupleeg vertel sy merkwaardige verhaal as fotograaf by die Olimpiese Spele. Ons ondersoek probleme met borsvoeding in Suid-Afrika. 'n Verbod op die hantering van koalabere.
Aug 03, 2024•49 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Ford.
Jul 27, 2024•3 min
Medici reageer op die hofbeslissing dat aspekte van die gesondheidswet ongrondwetlik is. Johannesburgers worstel steeds met wateronderbrekings - ons soek antwoorde by Rand Water. In die gees van die Olimpiese Spele praat ons met sportfotograaf Wessel Oosthuizen wat al 5 Olimpiese Spele op foto’s verewig het.
Jul 27, 2024•50 min
Wessel Pretorius toetsry 'n diesel voorwielaangedrewe Kia-sportnutsvoertuig.
Jul 20, 2024•4 min
Plantkundige, prof. Ben-Erik van Wyk deur die Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum vereer vir sy lewenslange bydrae tot die wetenskap. Ons fokus op gestremdheid, en gee aktiviste ’n spreekbeurt. El Salvador in die internasionale kollig ná ‘n verslag oor die marteling van meer as 3 000 kinders in tronke.
Jul 20, 2024•54 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford-bakkie.
Jul 13, 2024•4 min
‘n Waarskuwing vir nóg stormwind in die George-omgewing, en swaar reën in die res van die Wes-Kaap. Die eerste kabinetlekgotla van die nuwe regering van nasionale eenheid begin in Pretoria. Die eerste episode van 'n dramareeks oor die reënkoningin, Modjadji, sal ondanks groot omstredenheid op televisie uitgesaai word.
Jul 13, 2024•51 min
Wessel Pretorius toetsry GWM se nuwe Tank.
Jul 06, 2024•4 min
Verskeie nuwe ministers bevind hulle in portefeuljes waarvan hulle nie veel weet nie. Ons praat met die nuwe Adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham. 'n Rowwe see word vir die Wes-Kaap voorspel, en mense word aangeraai om tuis te bly.
Jul 06, 2024•53 min
Wessel Pretorius bespreek ‘n luisteraarsvraag.
Jun 29, 2024•5 min
Die Wes-Kaapse premier reageer op kritiek oor kindersterftes op die Kaapse Vlakte. Dit is vandag is Wêreld Trope-dag. Die medestigter van die Encounters dokumentêre rolprentfees, Steven Markovitz, lê ná 26 jaar die tuig neer.
Jun 29, 2024•53 min
Wessel Pretorius praat oor Volvo se vlagsklip.
Jun 22, 2024•4 min
Die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni, word begrawe. Ons praat met 'n aktivis oor die dood van kinders op die Kaapse Vlakte, en wat die regering kan doen om die probleem te bekamp.
Jun 22, 2024•53 min
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag.
Jun 15, 2024•4 min
Meer oor die herverkiesing van Cyril Ramaphosa as president, en die keuses van die land se nuwe Speaker en Adjunkspeaker. G7-leiers vergader sedert Donderdag in Apulia, Suid-Italië, om rente op Russiese bates wat bevries is, te gebruik vir 'n lening van aan Oekraïne. Vyf-en-negentig lande neem die naweek deel aan vredesgesprekke in 'n poging om die oorlog in Oekraïne te beëindig.
Jun 15, 2024•54 min
Wessel Pretorius ‘n Mazda
Jun 08, 2024•4 min
Samesprekings word gevoer om 'n Regering van Nasionale Eenheid saam te stel. Nuwe lede van die Europese Parlement sal aanstaande week verkies word. 'n Anti-toerisme sentiment is aan die toeneem in Europa.
Jun 08, 2024•51 min
Wessel Pretorius beamntwoord 'n luisteraarsvraag.
Jun 01, 2024•4 min
Die MK-party vra dat die stemme met die hand oorgetel word. Buitelandse reaksie op Suid-Afrika se verkiesings is oor die algemeen gunstig. Waarheen nou vir die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump?
Jun 01, 2024•53 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Indiese sportnuts.
May 25, 2024•3 min
'n Vrou deel haar angs met ons nadat haar identiteit gesteel is. Die redakteur van Plane Talking verduidelik wat presies turbulensie is ná vandeesweek se Singapore Airlines-drama. Twee milleniërs deel hulle menings oor die stand van sake in Suid-Afrika.
May 25, 2024•54 min
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
May 18, 2024•4 min
Wat sou die implikasies wees vir die nasionale gesondheidsplan sou die ANC die verkiesing verloor? Kommer dat misdaadstatistiek weerhou word omdat die verkiesing om die draai is. Die Lions wil met 'n oorwinning oor die VRK-voorlopers, hulle kanse op 'n plek in die laaste agt 'n hupstoot gee.
May 18, 2024•53 min
Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsbrief.
May 11, 2024•5 min
Die reddingsoperasie by die ineengestorte woonstelgebou in George duur vir 'n vyfde dag voort. Die amptelike dodetal staan nou op dertien. Vroue in Suid-Afrikaanse politiek lig hulle menings oor uitdagings in dié beroep.
May 11, 2024•53 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford.
May 04, 2024•5 min
Die Oekraïense oorlog is vandag 800 dae aan die gang. ISIS, oftewel DASH, is besig om Malawi te radikaliseer.Terwyl die wêreld mediavryheidsdag vier te midde van Suid-Afrika se viering van 30 jaar demokrasie, vertel joernaliste hoe hulle destyds onder ‘n nuwe bewind begin berig het.
May 04, 2024•54 min
Anita Visser kyk op Vryheidsdag terug op 30 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Haar gaste is die politieke ontleder, prof. Susan Booysen, professor Anthoni Van Nieuwkerk van Wits en prof. Dirk Kotzé van Unisa.
Apr 27, 2024•51 min