Motorrubriek 11 Februarie 2023
Wessel Pretorius toets 'n Suid-Koreaanse voertuig met sewe sitplekke.

Wessel Pretorius toets 'n Suid-Koreaanse voertuig met sewe sitplekke.
Wessel Pretorius beantwoord luisteraarsvrae.
Minstens 22 mense is die afgelope ses dae dood tydens massa-skietvoorvalle in die Oos-Kaap en Kwazulu-Natal. Die verreikende gevolge van 'n vertraging in visvangregte is onder die soeklig. 'n Nuwe manier van dink oor kanker.
Johannesburg het weer 'n nuwe burgemeester - dié keer is dit Al Jama-ah se Thepelo Amad. Ons maak 'n draai in die Vrystaat waar die DA se provinsiale kongres plaasvind. Die Britte sukkel met 'n knaende probleem.
Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsvraag.
'n Groep Suid-Afrikaners wil die regering hof toe sleep oor beurtkrag. 'n IPSOS-Markinor-peiling wys dat jong Suid-Afrikaners vertroue in demokrasie verloor. Argiefklank oor Suid-Afrika se grootste mynramp ooit op 21 Januarie 1960 wat die lewe van meer as 400 eis.
Ons bied jou ‘n gesprek tussen Adriaan Vlok en Frank Chikane as huldeblyk aan die oudminister wat onlangs dood is ná ‘n kort siekbed. Wat is die kanse dat Rusland vir Pole sal binneval? ‘n Kenner gee sy mening nadat Moskou herhaaldelik kla oor Warskou se ambisie om dele van Oekraïne terug te kry. ‘n Derde van Suid-Afrikaanse meisies tussen 15 en 19 raak jaarliks swanger - maar waar is die pa’s van die babas?
Herstelwerk by die O.R Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg het nog nie begin nie. Honderde mense is dakloos gelaat ná die brand by die Phola Park informele nedersetting in Philippi. Meer oor die Nasionale Studente Hulpskema se nuwe riglyne vir vanjaar.
Anita Visser kyk terug na die jaar se nuusgebeure soos dit in Naweekaktueel weerspieël is.
Landboukenners gee ’n samevatting van die uitdagings wat die bedryf in 2022 moes trotseer. Die akteur Lochner de Kock deel idees oor hoe om jou familie en vriende op Kersdag te onthaal.
Wessel Pretorius praat verder oor padveiligheid.
Verkeersdruk neem toe soos wat vakansiegangers die langpad aandurf. Die VSA beloof miljarde dollar se beleggings aan Afrika. Ons hou die verwikkelinge by Nasrec dop vir die jongste gebeure by die ANC se 55e Nasionale Konferensie.
Wessel Pretorius bespreek padveiligheid.
Parlementslede fokus op die Artikel 194-komitee se bespreking van die Openbare Beskermer se bevoegdheid vir haar rol. Eskom sê hy sal die land se elektrisiteitsnetwerk stabliseer voordat die eenheid by Koeberg afgeskakel word. Die mensdom se tydsgleuf om klimaatsverandering hok te slaan, is minder as ‘n dekade waarsku 'n kundige.
Wessel Pretorius skuif in agter die stuur van 'n Japanese kruisvoertuig.
Dit blyk dat president Cyril Ramaphosa die hof gaan nader om die Artikel 89-verslag oor Phala Phala te betwis. Ons praat met een van die toergidse in Namakwaland wat van Sondag tot Donderdag vermis was om te hoor hoe hy dié ervaring oorleef het. Min Shaw is pas 88 jaar oud.
Wessel Pretorius toets 'n Duiste kruisvoertuig.
Die Spesiale Ondersoekeenheid vorder goed met sy ondersoek na die verskaffing van donkiekarre aan landelike gemeenskappe in Noordwes. 'n Prokureur sê die Departement van Binnelandse Sake rand asielsoekers fisies aan. Dis vandag presies 100 jaar sedert een van die belangrikste argeologiese ontdekkings van alle tye.
Wessel Pretorius gee raad oor hoe jy jou voertuig vir die langpad moet voorberei.
Cop-27 word met 'n dag verleng. 'n Feestelike atmosfeer heers by die Gary- en Vivienne Player Uitnodigingsgholftoernooi. Te midde van 'n beenmurgtekort vir kankerpasiënte hoor ons hoe dié proses Pieter le Roux se lewe verander het.
Wessel Pretorius toets 'n Chinese sportnutsvoertuig.
Die Vaaldam is meer as 100% vol. Die DA vergader met die Menseregtekommissie oor menseregtevergrype. Daar is binnekort swaar strawwe vir foonpeste.
Wessel Pretorius bespreek Oktober se motorverkope.
Eskom wil 'n nuwe era betree terwyl sy bestaande kragstasies uitmekaarval. Kommer én blydskap oor die strafregtelike aanklagte teen die Jagersfontein-ontwikkelingsmyn. Daar is 'n nuwe Groot Trek.
Wessel Pretorius toets 'n Sweedse hibriede motor.
Die DA maak geskiedenis met die parlement se goedkeuring van die party se voorgestelde beleid teen kaderontplooing. Donderdag is Wêreld oudiovisuele argiefdag gevier. Ons speel die mees dramatiese klankgrepe uit die SAUK se radio-argief. Die dood van 'n 94-jarige man in Iran maak wêreldwyd opslae omdat hy vir minstens 60 jaar lank nié gewas het nie.
In ons weeklikse motorrubriek beantwoord Wessel Pretorius 'n luisteraarsvraag.
Klein- en opkomende boere in die Noord-Kaap sê dit sal jare neem om te herstel van die onlangse veldbrande. Ons vind uit hoe jy jou kind vir toekomstige beroepe moet voorberei. Sestig jaar gelede was die wêreld nader as ooit aan 'n kernwapenoorlog.
Die Wes-Kaapse brandseisoen begin op 1 November. Die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaanse Nederlands vier eeufees.
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius luisteraarsbriewe.