Naweekaktueel - podcast cover

Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Naweekaktueel

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid...

Dec 28, 20198 min0

Naweekaktueel

Die Kaapse Metro poog om meer Moslem-vriendelik te word en op die manier die ervaring van die Moslem-toeris te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede en Batebestuur by die Kaapse Metro, James Vos, sê die Moslem-kultuur is onlosmaaklik deel van Kaapstad en dat dit ekonomies sin maak om in die behoeftes van Moslem-toeriste te voorsien.

Dec 28, 20194 min0

Naweekaktueel

Inwoners van die Kaapse Vlakte word geleer om afvalmateriaal in kreatiewe beeldhouwerke te omskep. Die kunswerke word dan tydelik in openbare ruimtes opgerig, om kunswere meer toeganklik en inklusief te maak. 'n Argitektuur-ateljee in Woodstock het die inisiatief begin. Jean Esterhuizen het meer oor die gemeenskapsprojek.

Dec 28, 20194 min0

Naweekaktueel

Sowat 40 van die pasiënte by die Thandanani-sentrum vir mense met geestessiektes het Kersfees hierdie week by die inrigting gevier. Net sowat 20 van die pasiënte kon huis toe gaan. Dit blyk dat daar 'n tekort aan noodsaaklike psigiatriese medisyne is. Metzi van der Merwe het met die direkteur van die Thandanani-sentrum, Margie King, gepraat.

Dec 28, 20193 min0

Naweekaktueel

Daar is 'n week oor voor die jaarlikse Tweede Nuwe Jaar Kaapse Klopse-parade. Die verskeie groepe is besig om die laaste verstelling te maak aan hulle skitterende kostuums en klanke. Die Kaapse Klopse gaan Saterdag 4 Januarie die strate invaar.

Dec 28, 20192 min0

Naweekaktueel

Die 24-jarige fietsryer, Nic Dlamini, het 'n gebreekte arm opgedoen tydens 'n onderonsie met veldwagters in die Silwermyn-natuurreservaat in die Tafelberg Nasionale Park. In beeldmateriaal wat op sosiale media die ronde doen, kan gesien word hoe die fietsryer na bewering deur veldwagters rondgeruk word. Die Minister van Omgewingsake, Barbara Creecy het opdrag gegee dat alle beamptes wat betrokke was by 'n voorval, geskors moet word.

Dec 28, 20192 min0

Naweekaktueel

Johan Fourie van die Agri-raad op Calitzdorp in die Wes-Kaap, of Klokkie soos hy algemeen bekend staan - sê die boere gaan gebuk onder die voortslepende droogte en staar 'n donker feesgety in die gesig.

Dec 28, 20194 min0

Naweekaktueel

In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius padveiligheid...

Dec 21, 20196 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek praat Wessel Pretorius oor padveiligheid...

Dec 14, 20198 min0

Naweekaktueel

In Wessel Pretorius se weeklikse motorrubriek word padveiligheid bespreek...

Dec 07, 20197 min0

Naweekaktueel

In die been van ons reeks oor intellektuele eiendom en toegang tot goedkoper medikasie, kyk ons wat gebeur wanneer 'n nuwe middel die mark tref. Ons fokus onder meer op Bedaquiline en Delaminid, wat van die nuwe middels is in die stryd teen meervoudige middelweerstandige TB. Marlinee Fouche berig dat die bekendstelling van nuwe middels nie veel beteken, as verskeie ander faktore wat deel vorm van diagnose en behandeling, nie reeds in gebruik geneem is nie.

Nov 30, 20194 min0

Naweekaktueel

In die been van ons reeks oor intellektuele eiendom en toegang tot goedkoper medikasie, kyk ons wat gebeur wanneer 'n nuwe middel die mark tref. Ons fokus onder meer op Bedaquiline en Delaminid, wat van die nuwe middels is in die stryd teen meervoudige middelweerstandige TB. Marlinee Fouche berig dat die bekendstelling van nuwe middels nie veel beteken, as verskeie ander faktore wat deel vorm van diagnose en behandeling, nie reeds in gebruik geneem is nie.

Nov 30, 20194 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Toyota-bakkie..

Nov 30, 20195 min0

Naweekaktueel

President Cyril Ramaphosa het Maandag in Witpoort in Lephalale, Limpopo tydens sy toespraak vir die 16-dae van aktivisme teen die geweld teen vroue en kinders gesê hy doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners dat die 16-dae in 365-dae van aktivisme verander moet word. In Augustus, met 'n vlaag geweldsmisdade teen vroue, het die land regop gesit. Dit het die fokus opnuut laat opvlam om die fokus teen hierdie misdade te verskerp. Maar in Suid-Afrika, word daar - ongelukkig - min klem gelê op seksuele...

Nov 30, 201913 min0

Naweekaktueel

In Wessel Pretorius se weeklikse motorrubriek kry ons raad oor hoe mens jou voertuig - en sleepwa of karavaan - vir die Desember-vakansie moet voorberei...

Nov 23, 20198 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Ford en 'n Mazda...

Nov 16, 20197 min0

Naweekaktueel

Die omgewingsaktivismegroep Extinction Rebellion sê dat die stormweer in KwaZulu-Natal en die droogte in ander dele van die land met klimaatsverandering verbind kan word. Mariëtta Kruger het met Andre Clements, 'n lid van Extinction Rebellion gepraat.

Nov 16, 20195 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volvo en 'n Toyota..

Nov 09, 20198 min0

Naweekaktueel

'n Verskeidenheid sportmotors het die week by Kempton Park aan die Oosrand saamgetrek. Dit was om die Suid-Afrikaanes bekendstelling te vier van die fliek "Ford vs. Ferrari". Die rolprent handel oor die kragmeting wat tussen die twee motorvervaardigers plaasgevind het by die 1966 "Le Mans" uithou-wedren. Maar die keer was dit nie die akteurs, rolprentmakers of glanspersoonlikhede wat die kollig op die rooi tapyt gesteel het nie, maar die karre. Anna-Marie Jansen van Vuuren was daar.....

Nov 09, 20198 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraar se brief..

Nov 02, 20197 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraar se vraag...

Oct 26, 20196 min0

Naweekaktueel

Ná dekades kan die Afrikaanse Hoër Seunskool nes hul susterskool Affies Meisies ook spog met hulle eie orrel - in sy eie toegewyde akoestieke ruimte. Die pyporrelbouer Werner Hurter was sentraal tot die projek. Mariëtta Kruger het met hom gepraat.

Oct 26, 20198 min0

Naweekaktueel

Die organisasie South Africa Day beplan om opknapwerk in Alexandra te doen. South Africa Day het bekend geword na die organisasie in 2017 met 'n projek begin het om infrastruktuur en dienste in die Noordwes-dorp Coligny te herstel. Mariëtta Kruger het met met Barend la Grange van South Africa Day gepraat.

Oct 26, 201910 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n bakkie..

Oct 19, 20194 min0

Naweekaktueel

Die hoë kommissaris van Australië in Suid-Afrika, Gita Kamath, het vroeër vanoggend 'n gedenkteken in Driefontein naby Bloemfontein onthul. Dit gedenk die Australiese, Britse en Walliese soldate wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het. Weldoeners uit Australie het al die kostes gedek om die gedenkteken op te rig. Die kurator van die Talana Militêre museum in Dundee, KwaZulu-Natal, sê hulle het 30 jaar gelede toeriste op toere van die Suid-Afrikaanse slagvelde begin neem, en dat die Anglo-Bo...

Oct 12, 20194 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Volvo..

Oct 12, 20194 min0

Naweekaktueel

In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Mitsubishi en 'n Ford...

Oct 05, 20197 min0

Naweekaktueel

Alopesie, oftewel haarverlies, is die maand in die kollig. Vlakke van haarverlies wissel van persoon tot persoon, en word deur verskeie faktore veroorsaak. In ernstiger gevalle, kan dit ly tot totale haarverlies regoor die liggaam. Marlinee Fouche berig egter ondersteuningstrukture is skaars en pasiënte word dikwels nie voldoende ingelig oor beskikbare sielkundige en mediese behandeling nie...

Sep 21, 20194 min0
Hosted on Omny Studio
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android