Nóg twee mense word in Mitchell's Plein in Kaapstad, vermoedelik in bendegeweld, doodgeskiet. Die parlement eis 'n onafhanklike oudit van spookwerkers by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadinligtingsafdeling. ‘n Vlugteling uit die Demokratiese Republiek die Kongo vertel haar storie.
Jul 05, 2025•48 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 8.
Jun 28, 2025•5 min
Kommer oor 'n krisis in die polisieleierskap ná die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie. Die DA maak vanmiddag 'n aankondiging oor sy weg vorentoe in die Regering van Nasionale Eenheid. 'n Wankelrige begin vir die Proteas in die toets teen Zimbabwe.
Jun 28, 2025•49 min
Wessel Pretorius evalueer ‘n Ford Ranger Wildtrack X.
Jun 21, 2025•7 min
'n Nuwe MIV-middel goedgekeur, wat net twee keer per jaar toegedien word. Nuwe navorsing wys 'n afname in renosterstroping. Rassie Erasmus sien uit na die Bokke se eerste wedstryd vanjaar teen 'n sterbelaaide Barbarians.
Jun 21, 2025•45 min
Wessel Pretorius bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n CVT-ratkas.
Jun 14, 2025•5 min
Die eerste groep Suid-Afrikaanse soldate keer terug uit die Demokratiese Republiek die Kongo. Suid-Afrika is diep bekommerd oor Israel se aanvalle op kernaanlegte in Iran. 'n Pleidooi aan jong mans om beenmurg te skenk. Suid-Afrikaanse Chenin Blanc is baie gesog in oorsese markte.
Jun 14, 2025•46 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Isuzu MUX.
Jun 07, 2025•4 min
Reën en ysige koue op pad na groot dele van die land. 'n Nuwe dokkie oor mense wat met gestremdhede leef. Dis reg of weg vir die Bulls en Sharks op Loftus.
Jun 07, 2025•51 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n GAC Emkoo.
May 31, 2025•4 min
Adjunkpresident Paul Mashatile reageer skerp op 'n RGN-verslag wat dui op swak bestuur in staatsdepartemente. Terwyl die prokureurs van die veroordeelde ontvoerders van Joshlin Smith gereed maak om teen hulle vonnisse te appelleer word INTERPOL by die soektog na die dogtertjie betrek. Ons praat met 'n kunskenner oor 'n bekende skildery wat vir 'n wêreldrekordprys van byna R32-miljoen opgeveil is.
May 31, 2025•50 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n Honda Elevate.
May 24, 2025•4 min
Die Instituut vir Rasseverhoudinge verwelkom die voorgestelde wysigings aan die Swart Ekonomiese Bemagtigings-vereistes vir multinasionale kommunikasiemaatskappye om in Suid-Afrika te belê. Op die vooraand van Afrikadag, fokus ons op Suid-Afrika se aansien op die vasteland. Ons praat met die veelbekroonde botanis, Leon Kluge, oor sy besonderse blommeuitstallings by die Chelsea Blommeskou in Londen.
May 24, 2025•49 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese GAC Emkoo.
May 17, 2025•5 min
Ons fokus op die herrie wat losgebars het oor die Afrikaners wat dié week in Amerika as vlugtelinge aangekom het. 'n Nuwe Afrikaanse rolprent beeld vroue in hulle laat veertigs se uitdagings uit. Drie Suid-Afrikaanse spanne in aksie in die laaste ronde van die VRK-kampioenskap, terwyl die Bulls, Sharks en Stormers reeds deur is na die uitspeelfase.
May 17, 2025•51 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Fronx.
May 10, 2025•4 min
Die EFF vra 'n blitsdebat oor Orania en Kleinfontein in die parlement. Die eerste groep Afrikaners vertrek na verwagting reeds vroeg volgende week na Amerika. Op die vooraand van moedersdag fokus ons op 'n rolprent oor die verhouding tussen ma en dogter.
May 10, 2025•49 min
Wessel Pretorius toetsry GWM se Tank 500.
May 03, 2025•5 min
Hoe gemaak wanneer 'n kind vermis raak? President Trump se tariewe is 'n brandpuntkwessie in verskeie verkiesings wêreldwyd. Maties se nuwe rektor deel sy visie en drome.
May 03, 2025•50 min
Wessel Pretorius beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die land van vervaardiging.
Apr 26, 2025•5 min
Gelowiges neem afskeid van Pous Franciskus. Die minister van finansies dien dokumente by die parlement in wat aandui dat die BTW-koers onveranderd bly. 'n Suid-Afrikaanse egpaar is op 'n interkontinentale reis om stamselskenkers te werf.
Apr 26, 2025•48 min
Wessel Pretorius toetsry ‘n Hyundai Exter.
Apr 19, 2025•4 min
Al hoe meer Suid-Afrikaanse onderwysers wil die beroep verlaat weens die oorlading van administratiewe pligte. Die verpleegstersvakbond, DENOSA, reageer op bewerings dat van sy lede betrokke is by sindikate wat menslike organe oes. Die Verenigde Nasies sê die humanitêre krisis in Sudan is die ergste ter wêreld.
Apr 19, 2025•51 min
Wessel Pretorius toets 'n Chinese kruisvoertuig.
Apr 12, 2025•4 min
Ons bespreek die ontmoeting tussen die ANC en DA met 'n politieke ontleder. 'n Ekonoom verduidelik hoe Suid-Afrika president Trump se 90 dae pouse op tariewe moet aangryp. Wat is die impak van vrugbaarheidsbehandeling op 'n vrou se liggaam, emosies, huwelik en lewe? Ons praat met 'n Ma wat 19 rondes vrugbaarheidsbehandeling ondergaan het.
Apr 12, 2025•52 min
Wessel Pretorius bespreek luisteraarsbriewe wat handel oor voertuie se stop/ry-funksie.
Apr 05, 2025•5 min
Is Suid-Afrika se besluit om nié vergeldingsheffings teen Amerika in te stel nie, die regte een? 'n Suid-Afrikaanse boer op pad na Amerika vertel sy storie. 'n Ma van 'n outistiese seun vertel van die uitdagings wat met dié toestand gepaardgaan, hoe dikwels mense dit verkeerd verstaan, en hoe dankbaar sy is.
Apr 05, 2025•50 min
Wessel Pretorius toetsry 'n kruisvoertuig.
Mar 29, 2025•4 min
Oudpresident Thabo Mbeki reageer skerp op uitlatings deur Suid-Afrika se voormalige ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool. POSTBANK se boodskap is duidelik - 30 April is begunstigdes se laaste kans om die nuwe swart kaart vir maatskaplike toelaes te kry. Planne vorder goed om SADEK se vredesmag uit die Demokratiese Republiek die Kongo te onttrek.
Mar 29, 2025•51 min
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
Mar 22, 2025•5 min