Die Parlement het net 'n paar weke tyd om belangrike wetsontwerpe te finaliseer, voordat politieke partye met verkiesings-veldtogte begin: Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is onder die loep - na 'n erkenning dat toelaes aan duisende afegstorwe begunstigdes uitbetaal word, en naasbestaandes van pad-ongeluk-slagoffers praat oor hulle trauma:
Jan 06, 2024•51 min
Die belangrikste nuusstories van die jaar op Naweekaktueel, saamgestel deur Anita Visser.
Dec 30, 2023•55 min
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius 'n luisteraarsbrief.
Dec 23, 2023•4 min
Dis Feestyd en ons praat met 'n kenner oor padwoede en hoe dit uitspeel op die langpad; Die Suid-Afrikaanse bloeddiens vra vir meer skenkings, en ons praat met Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis oor haar span se vertoning die afgelope jaar.
Dec 23, 2023•54 min
In ons weeklikse motorrubriek praat Wessel Pretorius oor padveiligheid.
Dec 16, 2023•4 min
President Cyril Ramaphosa lewer vandag sy Versoeningsdag-toespraak in Limpopo. Skerp kritiek oor die goedgekeurde Nasionale Gesondheids Versekerings wetsontwerp, en 21 Desember is die 35e herdenking van die PAN AM vlug 103 ongeluk oor Lockerbie wat 270 lewens geëis het.
Dec 16, 2023•49 min
In sy weeklikse motorrubriek bepreek Wessel Pretorius padveiligheid.
Dec 09, 2023•3 min
'n Energie-kenner verwelkom Dan Marokane se aanstelling as Eskom-bestuurshoof; Die ondergrondse sitstaking by die Bakubung-myn in Noordwes is opgeskort, en kenners meen die vertragings in die op- en aflaai van vraghouers in die Durbanse hawe kan tot werksverliese lei.
Dec 09, 2023•53 min
Die toekoms van Suid-Afrika se motoraanlegte is in die weegskaal, indien die regering nie sy sokkies optrek nie, berig Wessel Pretorius in ons weeklikse motorrubriek
Dec 02, 2023•4 min
Ons praat met die Hamas-afvaardiging wat in Suid-Afrika is vir die vyfde globale konvensie van Solidariteit met Palestina. Tien jaar na Nelson Mandela se dood wil ons weet: kan ons hom steeds as 'n groot staatsman beskou? En hoe voel Suid-Afrikaners oor hulself en mekaar? Ons praat met die Instituut vir Rasse Verhoudinge daaroor.
Dec 02, 2023•51 min
Wessel Pretorius gee wenke vóór jy die langpad aandurf.
Nov 25, 2023•4 min
Vandag is die begin van die 16 Dae van Aktivisme Teen Geweld Teen Vroue en Kinders. Die Lee Matthews-verhoor is weer in die kollig. Wêreldwyd sterf meer as twee miljoen prematuurbabas in hulle eerste maand. Sake wat veral die Bruingemeenskap raak, word op ’n indaba bespreek.
Nov 25, 2023•49 min
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n klein sedan en 'n groot sportnutsvoertuig.
Nov 20, 2023•6 min
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie moedig landsburgers aan om vir aanstaande jaar se verkiesing te registreer. Die Gautengse regering ontken mafiabetrokkenheid by 'n multimiljoen rand behuisingsprojek aan die Wesrand. Handelaars in Gauteng is warm onder die kraag oor 'n besluit deur die provinsiale regering om die uitreiking van dranklisensies te staak om onwettige verkope te fnuik.
Nov 18, 2023•53 min
Ford Suid-Afrika vier eeufees.
Nov 11, 2023•5 min
Die Vryheidsfront Plus stel sy verkiesingsveldtog bekend, en die DA en Good hou verkiesingskonferensies. Wynproduksie daal wêreldwyd tot op die laagste vlakke sedert 1961. Elke jaar op 11 November word enkellopendes se status gevier.
Nov 11, 2023•52 min
Wessel Pretorius toetsry twee bakkies.
Nov 04, 2023•5 min
Die Minister van Finansies speel oop kaarte met Amerikaanse beleggers oor Suid-Afrika se ekonomiese sake. Kerkleiers en die Gautengse regering bespreek 'n aksieplan om rooftoge by kerke in die provinsie te bekamp. Die Springbokke besoek Durban sonder kaptein Siya Kolisi.
Nov 04, 2023•50 min
Wessel Pretorius toetsry 'n elektriese Sweed.
Oct 28, 2023•5 min
Die Hooggeregshof in Johannesburg bevind dat alle ouers geregtig is op vier maande se ouerskapverlof. Die minister van bosbou, visserye en omgewingsake, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is steeds daartoe verbind om klimaatsverandering te takel. Die oudste studentekoerant in die land, vier sy 85e bestaansjaar.
Oct 28, 2023•46 min
Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki.
Oct 21, 2023•3 min
Kommentaar op 'n meningsopname wat die ANC net 41% steun in aanstaande jaar se verkiesing gee. Groot afwagting vir die halfeindstryd tussen die Bokke en Engeland. Ons praat met Oudbok Jannie du Plessis.
Oct 21, 2023•54 min
Is daar politieke wil om die probleme by Eskom op te los? Ons hoor by ‘n regskliniek in Stellenbosch hoe vroue kop bo water hou in tawwe ekonomiese tye. Ons praat met 'n vroue-wynmaker, en hoor meer van die dokumentêr, My broer Gertjie.
Oct 14, 2023•48 min
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag.
Oct 07, 2023•3 min
Minstens vyf soldate sterf in 'n brand by die Lohatla-opleidingsterrein in die Noord-Kaap op die vooraand van 'n groot weermagoefening. Die debat oor Wes-Kaapse onafhanklikheid vlam weer op. Ons praat oor die nuwe vermoëns waaroor kunsmatige intelligensie nou beskik.
Oct 07, 2023•53 min
Wessel Pretorius toetsry 'n nuwe buksie van Toyota.
Sep 30, 2023•4 min
Nege mense sterf vanjaar weens hondsdolheid. OKOSA uitgetrap vir die voortdurende gesukkel wat Suid-Afrikaners ervaar met konnektiwiteit en datakoste. Die Johannesburg Eiendomsmaatskappy wat in beheer is van byna R9-miljard se bates, word bestuur deur 'n ontvangsdame en ‘n kassier met ANC-bande.
Sep 30, 2023•55 min
Wessel Pretorius toetsry Mazda se nuwe vlagskip.
Sep 23, 2023•3 min
Hoender- en eierprodusente se verliese neem ernstig toe weens die voëlgriepepidemie. Miljoene mense in die Oos-Kaap weet nie waar hulle volgende maaltyd vandaan sal kom nie. Die Springbokke pak die Iere vanaand in Parys, in hulle derde wedstryd van die Rugbywêreldbeker.
Sep 23, 2023•51 min
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius die Bakkie van die Jaar.
Sep 16, 2023•6 min