Reaksie op die afsterwe van die voormalige IVP-leier en politieke veteraan, Mangosuthu Buthelezi. Regslui na bewering betrokke by die kaping van geboue in die Johannesburgse middestad. Meer oor die afgelope Afrika-klimaatsberaad in Nairobi.
Sep 09, 2023•51 min
In ons weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius twee Chinese sportnutsvoertuie.
Sep 02, 2023•5 min
Johannesburg se brand-tragedie plaas die kollig op die erge verval, verrotting en munisipale wanbestuur van die middestad. 'n Deurbraak in die oorlog teen transitorowers. Die rolprentvervaardiger, André Scholtz, word vereer vir sy lewenslange bydrae tot die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.
Sep 02, 2023•53 min
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Suid-Koreaanse sportnutsvoertuig.
Aug 26, 2023•3 min
Nuwe navorsing wys dat 'n bloedtoets nie meer prostaatkanker betroubaar diagnoseer nie. Die seun van die sogenaamde Springs-monster praat oor sy folterings.Ons ontleed die Bokke se pragoorwinning oor die All Blacks.
Aug 26, 2023•54 min
In sy weeklikse motorrubriek toets Wessel Pretorius 'n Fransman.
Aug 19, 2023•3 min
Ons vind op grondvlak uit wat aangaan op Swellendam ná vandeesweek se grootskaalse geplunder. 'n Onverwagse wending in Argentynse politiek. 'n Mutasie van die Coronavvirus lei tot grootskaalse vrektes onder Ciprus se katte.
Aug 19, 2023•53 min
In sy weeklikse motorrubriek, toets Wessel Pretorius 'n Suid-Koreaan.
Aug 12, 2023•3 min
Omstrede oudpresident Jacob Zuma is 'n vry man. Die DA se Gautengse provinsiale kongres vind vandag plaas. 'n Huldeblyk aan die ikoniese sanger Rodriguez wat vandeesweek op 81 oorlede is.
Aug 12, 2023•53 min
Wessel Pretorius toetsry 'n blitsvinnige Sweed.
Aug 05, 2023•6 min
Pogings om 'n nuwe Openbare Beskermer aan te stel, skep erge spanning. Die Suid-Afrikaner, Lauren Dickason, staan in Nieu-Seeland tereg op aanklagte van moord op haar drie kinders. 'n Kenner vertel wat haar gesigsplooie verklap. El Salvador en Brasilië verklaar oorlog teen dwelmbendes.
Aug 05, 2023•53 min
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n petrol-vrek.
Jul 29, 2023•4 min
Nuwe middel vir Alzheimers maak kundiges baie opgewonde. Riel, 'n kortfliek wat 'n stukkie van die magiese erfenis van die Rielddans vertoon, maak die naweek sy buiging. EFF-ondersteuners vier vandag die party se tiende bestaansjaar.
Jul 29, 2023•54 min
In ons weeklikse motorrubriek bespreek Wessel Pretorius luisteraarsvrae.
Jul 22, 2023•7 min
Ons praat met 'n ingenieur oor die herstelwerk aan Johannesburg se middestad ná vandeesweek se ontploffing. Op 19 Julie 1961 word die eerste fliek op 'n vlug tussen New York en Los Angeles vertoon - ons ondersoek die aanloop daartoe. Hoe gemaak wanneer jou handelaar sê dat jou voertuig ‘n peperduur nuwe turbo-aanjaer benodig?
Jul 22, 2023•52 min
Wessel Pretorius toetesbetsuur 'n haastige Brit.
Jul 15, 2023•3 min
Ons praat met die hoofrolspelers in die Alison Botha-drama ná die parool vir haar verkragters. Twee nuwe marienespesies word by Richardsbaai en Port Alfred se strande opgetel. Die Britte wys Kaapstad aan as hulle gunsteling reisbestemming.
Jul 15, 2023•53 min
Wessel Pretorius bekyk verlede maand se plaaslike voertuigverkope.
Jul 08, 2023•4 min
Die gevaar van omskakelaars en sonpanele moet nie onderskat word nie. Ons fokus op nuwe verwikkelinge in die sosiale media-sfeer, en stap saam deur Iran se westelike Zagrosberge met Helene Rautenbach.
Jul 08, 2023•54 min
Wessel Pretorius toets 'n kompakte sportnutsvoertuig.
Jul 01, 2023•3 min
Ons ontleed die Openbare Beskermer se bevinding, wat president Cyril Ramaphosa kwytskeld van enige oortreding in die Phala Phala-skandaal. SASSA waarsku begunstigdes teen onnodige skuld om hulle toelaes mee aan te vul.
Jul 01, 2023•57 min
Wessel Pretorius toets 'n nuwe sportnutsvoertuig.
Jun 24, 2023•5 min
Kritiek teen die ANC se ingesteldheid teenoor die Wes-Kaap. Die afgelope week is Wêreld Vlugtelingedag gedenk - ons het stores van hoop uit Libanon. Nadat 'n vrou lewendig begrawe word, ondersoek ons of dit in Suid-Afrika kan gebeur.
Jun 24, 2023•54 min
Wessel Pretorius skuif agter die stuur van twee Duitse waens in.
Jun 17, 2023•5 min
Die Afrikasending na Rusland en Oekraïne ontvou nie sonder struikelblokke nie. Ons kry die jongste oor die weer in die Wes-Kaap. Wildboere se stryd om as landbouers erken te word, duur voort. Ons praat met 'n historikus op die vooraand van die bekendstelling van die nuwe Shaka Zulu-reeks.
Jun 17, 2023•55 min
Wessel Pretorius toets die nuwe weergawe van 'n ou bekende.
Jun 10, 2023•4 min
Wetenskaplikes bevestig dat El Niño begin vorm aanneem in die Stille Oseaan. Dieetkundiges fokus toenemend op die impak van super geprosesseerde kos op die liggaam. Dr. Anna-Marie Jansen van Vuuren praat oor die grootste dokumentêre fees van sy aard in Afrika.
Jun 10, 2023•53 min
Hoe vinnig moet mens op 'n sinkplaatpad ry? Wessel Pretorius bespreek dié kwessie in sy weeklikse motorrubriek.
Jun 03, 2023•7 min
'n Beweerde aanslag op mediavryheid is onder die soeklig. 'n Vuurvreter-gemeenskapsveiligheidsaktivis word aangekla van teistering, nadat sy voor beweerde dwelmhandelaars se huis uitkamp. Sowat 200 Suid-Afrikaanse brandbestryders is op pad Kanada toe om bosbrande te help bestry.
Jun 03, 2023•55 min
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
May 27, 2023•4 min