23 Jan
Jan 23, 2016•2 min0
Episode description
Die ondersoek na die dood van die voormalige Russiese spioen, Alexander Litvinenko, is na tien jaar afgehandel en die Britse owerheid wys die vinger na Vladimir Putin. Litvinenko is in November 2006 in Londen met radio-aktiewe polonium 210 vergiftig. Die storie het wêreldwyd opslae gemaak, veral weens die dramatiese foto's van die 43-jarige agent in sy hospitaal bed in Londen. Wat min mense weet is dat die fotograaf wat die opspraakwekkende foto's geneem het, 'n Afrikaanse vrou, Natasja Weisz is. Anita Visser het met haar gepraat...
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
