Welkom by MensWees
Apr 13, 2025•3 min•Season 2Ep. 1
Episode description
MensWees met Jannes Erasmus is ’n Afrikaanse potgooi wat jou nooi na ’n stadiger, dieper leefwyse—’n ruimte waar egtheid saak maak en ware gesprekke gevoer word. Hier verken ons die volle spektrum van menswees: emosies, denke, vrese, drome, pyn en genesing. Elke week koppel ons dié temas aan ’n Boek van die Week, ’n stuk literatuur wat help om sin te maak van jou eie verhaal. MensWees is meer as net ’n potgooi—dis ’n beweging na bewus leef, gebore uit Seisoen, die Afrikaanse leefstyltydskrif wat elke lewensfase vier met deernis en hoop. Nuwe episodes verskyn elke Sondag. Kom luister saam.
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android
