Kortom 1 Julie 2025
Margit Meyer-Rödenbeck lees Belinda Nel se kortverhaal, SOUT.

Margit Meyer-Rödenbeck lees Belinda Nel se kortverhaal, SOUT.
Gaan saam met Adriaan Steyn Hendricks na ‘n verjaarsdagpartytjie in sy kortverhaal, DERTIG. Die karakter Gysbert word 30 jaar oud, en bepeins sy stand in die lewe. Kaz McFadden is die voorleser wat hierdie verjaarsdagman lewe gee.
Margit Meyer-Rodenbeck lees Martin T. Laubscher se kortverhaal, POPSPEEL, voor uit die US-Woordfeesbundel, 100%.
Fransulene van der Merwe onthul in haar kortverhaal, GENADEBROOD, hoe vaderfigure soms gevind kan word op onverwagse plekke. Erin Patience gee lewe aan die tiener wat hierdie vader ontdek.
Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN.
Bianca du Plessis neem jou palet op reis in haar kortverhaal, TAMATIEBREDIE. Dit handel oor ‘n wewenaar wat moet aanpas by die lewe van enkelouer wees. Solomon Cupido is die voorleser wat hierdie wewenaar ‘n stem gee.
Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN. ‘n Ou man se hartseer oor die verlies aan sy seun word met groot deernis vertel.
Dot Serfontein skryf oor haar ma in haar kortverhaal, BOETA. Dit handel oor haar mooiste herinneringe van hierdie spesiale persoon. Gretha Brazelle is die voorleser wat Dot se herinneringe lewe gee.
Maria Vos lees ‘n ongepubliseerde eksklusiewe kortverhaal van Stefaans Coetzee, PAPPA SE GEDIGTE, voor.
Michéle Meyer neem jou op ‘n wraaktog deur die wildtuin in haar kortverhaal, SOET. Mandi Du Plooy-Baard is die voorleser.
Nic de Jager lees Johan Rossouw en Julio Agrella se verhale voor uit die boek, HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.
Ervaar die wonder van die Paasverhaal deur die oë van ‘n Romeinse slaaf in J.J. Roberts se kortverhaal, MUTATIONEM (DIE VERANDERING). Casper Lourens is die voorleser
Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, BLIND DATE IN DIE DONKER.
Leon van Nierop lees Willem D. Kotzé se kortverhaal, KOM UIT, EK WIL VERBY GAAN. Die strorie laat jou ervaar hoe ‘n boer se oorlewingsdrang kan inskop as hy droogte in die oë staar.
Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, IN MY TRUSPIEËL.
Audrey Blignault nooi jou na ‘n oorslaappartytjie in haar kortverhaal, DIE WIND VAN DIE SEE AF. Saam met die karater Amanda sal jy ‘n paar interessante feite ontdek oor haar vriendin se familie. Lelia Etsebeth is die voorleser.
Ilne Fourie lees Estelle Brits se kortverhaal, IEMAND IN DIE SPIEËL. Karli raak die kluts kwyt wanneer sy telkens iemand skrams in die spieël sien. Haar man Riaan, wat terloops die kat in die donker knyp, blyk simpatiek te wees met haar illusies, maar dan verras die skrywer ons en Riaan aan die einde van die verhaal.
Abraham H. De Vries neem jou op ‘n jagtog in sy kortverhaal, BERT DIE JAGTER. Reginald Hufkie is die leser wat Bert se avontuur lewe gee.
Ons besoek die skryfwêreld van Maretha van der Westhuisen, voorsitter van die Klein Karoo Skrywersvereniging. Oud en jonk sal resoneer met hierdie storie, want ouma gee vet in die aftreeoord. Daar is ook ’n troue en ’n wittebrood in haar kortverhaal, TROUSTREKE. Die voorleser is Frieda van den Heever.
Rina Nienaber lees Jennie Kruger se kortverhaal, DIE VROU EN DIE KAT. Dit handel oor hoe die liefde iemand tot die uiterste kan dryf.
Ons besoek eers ’n begraafplaas, en dan is dit aftreeoord toe, maar dis nie so neerslagtig as wat dit klink nie. Frieda van den Heever lees voor uit Maretha van der Westhuisen, voorsitter van die Klein Karoo Skrywersvereniging se boek, SKAKERINGS VAN KORT. Sy noem die verhale BEGRAAFPLAASMANNE en AFTREESTREKE.
Jaco Jacobs neem ons in sy kortverhaal, SWEEF, deur die hartkamers van ’n tienerseun, om die liefde vir die eerste keer te ervaar. Rico Immelman is die stem wat hierdie warboel van emosies lewe gee.
Pieter van Zyl lees ‘n trio ongepubliseerde verhale van Heinrich van der Mescht voor - DIE FOTO, DIE BRIEF en DIE BOEKE.
In Cliffordene Norton se kortverhaal, DIE UBER-RIT, ontdek ons watter vrese die ouderdom kan bring, en of die hoofkarakter dit sal oorwin tydens ‘n interessante Uber-rit. Ilse Klink is die voorleser.
Pieter van Zyl lees Heinrich van der Mescht se kortverhaal, DIE KOPPIES.
Carl Trautman lees Eben Venter se kortverhaal, HY’T NIE GEWEET NIE, NOU WEET HY, waarin ‘n tienerseun se gedagtes moet leer plekmaak vir dié van manwees.
Richard van der Westhuizen lees Gert Sarrisam se kortverhaal, DIE NAGMERRIERIT MET DIE PIEJOU.
Vier Oujaarsaand onder die sterre saam met JJ Roberts in sy kortverhaal, SONDER VUURWERKE. Daar word besin oor die gedagtes en gevoelens wat saam met Oujaarsaand kom. Dihan Keun is die voorleser.
Pieter van Zyl lees Heinrich van der Mescht se kortverhale, DIE HEILIGE BROOD en MONSIEUR MICHEL BONNET.
Sit saam met skrywer Martie Swanepoel aan by die vername Mev. Botha se Kersonthaal. Rika Sennett lees haar Kers-kortverhaal, BEGEERTE.