Klipkouers - podcast cover

Klipkouers

Jacques Bassonklipkouers.podbean.com
Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.com
Last refreshed:
Follow this podcast in the Metacast mobile app to refresh it and see new episodes.
Download Metacast podcast app
Podcasts are better in Metacast mobile app
Don't just listen to podcasts. Learn from them with transcripts, summaries, and chapters for every episode. Skim, search, and bookmark insights. Learn more

Episodes

Episode 100: Jacques Basson

Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies uit my verlede! Webwerf

Nov 21, 201833 min

Episode 99: Arno Smit

In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend. Webwerf

Nov 14, 20181 hr 18 min

Episode 98: Christine Geldart

Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en reflektiewe band. Kom luister saam! Webwerf

Nov 07, 201854 min

Episode 97: Jasper Cloete

Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig kan word om die stigtings ouers van hulle multigenerasie welvaart plan te word. Kom luister saam soos hy ons meer vertel. Webwerf...

Oct 31, 20181 hr 9 min

Episode 96: Ernest North

Ernest North is die stigter van Naked Insure - Insurance. Onder andere beskik hierdie besigheidsmodel oor motor versekering wat gebou is op kunsmatige intelligensie. Hy vertel ons meer. Webwerf

Oct 24, 20181 hr 4 min

Episode 95: Hans Drommedaris

Hans Drommedaris het 'n musiekskool in Pretoria, begin in 2013. Hy is 'n professionêle musikant -sanger- en vermaaklikheids kunstenaar wat uit sy musiek spanbou dae met behulp van dromme en pvc pype- aanbied. Kom luister hoe hierdie veelsydige musikant byval vind by groot en klein. Webwerf

Oct 17, 201853 min

Episode 94: Ivan Herselman

Ivan Herselman is 'n prokureur by Argumentum. Hulle unieke waarde as prokureurs en advokate wat saamwerk onder een dak, is dat hul 'n baie sterk projek bestuur fokus het, maak koste beramings vooruit vir kliente sodat hul ingeligde besluite neem en hulle werk 99.9% papierloos. 'n Regsfirma met 'n verskil. Webwerf

Oct 10, 20181 hr 2 min

Episode 93: Dr Dirk Koekemoer

Dr Dirk Koekemoer is 'n mediese dokter en entrepreneur. Hy is die stigter van die pharmaseutiese maatskappy eMoyo en het die patent op Kuduwave. Tegnologie wat gehoor kan toets selfs al sit jy onder 'n boom. Sy passie is om bekostigbare gesondheidsorg aan Suid-Afrikaners te verskaf. Kom ons luister na sy storie. Webwerf

Oct 03, 20181 hr 4 min

Episode 92: BizSkills

BizSkills fokus op bekostigbare deurlopende professionele ontwikkeling van opvoeders in Suid Afrika. Alle kursusse is geakkrediteer deur die Suid Afrikaanse Raad van Opvoeders (SACE) en BizSkills ondersteun skole om jaarlikse CPD punte van opvoeders te bereik. Meer as 1,500 opvoeders het reeds baat gevind by die program. Kursusse sluit in skolebemarking, sosiale media, leierskap en bestuur, emosionele intelligensie, kommunikasie, tegnologie in die klaskamer, werk-lewe balans, konflikoplossing en...

Sep 26, 20181 hr 8 min

Episode 91: Gideon Galloway

Gideon Galloway stigter van King Price Insurance, wou 'n berg skuif. Om die monopolie van die versekerings wêreld in Suid-Afrika aan te vat, sit nie in enige ou se mondering nie. Om 43 nee's te kry vir jou idee laat die gemiddelde ou ook nie aanhou probeer nie. Hierdie ou se storie inspireer. Webwerf

Sep 19, 20181 hr 34 min

Episode 90: Marinus Du Plooy

Mufasa Biltong het ‘n leeu-moed sweep slag. Dit is ‘n biltong groep in Perth. Met 6 winkels en ‘n fabriek het hierdie familie besigheid vernuf getoon in ‘n vreemde land. Marinus Du Plooy is saam met sy pa en die res van die familie in Perth, en deel met ons hul entrepreneur storie wat in 2009 begin het. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Sep 12, 20181 hr 20 min

Episode 89: Jak De Priester

Jak De Priester, liedjieskrywer - entrepreneur - digter-blogger - televisiepersoonlikheid - sanger te veel koppeltekens. Saam met hierdie ou wil jy die lewe doen. Ons gesels oor die besigheid van vermaaklikheidskunstenaar en hoe so 'n tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Sep 05, 20181 hr 13 min

Episode 88: Adrie Smit

Adrie het ‘n passie om klein en medium besighede in te lig rondom arbeidsake. Sy het ‘n handleiding hieroor geskryf saam met Quintin Davies, met die titel Understanding SA Labour Law, en lig besighede landwyd in. Met 22 jaar se nasionale en internasionale ondervinding rondom arbeidsake kom vertel sy Klipkouers die moets en moenies oor Arbeidswetgewing, want soos sy “Dit is nie ‘n kwessie van of jy ‘n arbeids geskil op jou tafel gaan hê nie, dit is wanneer”. Kom luister verder hoe ons hieroor ges...

Aug 29, 20181 hr 3 min

Episode 87: Rianette Leibowitz

SaveTNet is ‘n Nie Winsgewende Maatskappy wat beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie deur die ondersteuning van globale partye wat betrokke is. Ongelukkig vind ons nie net meer boelies op die speelgrond nie, maar hulle speel ook nou op die Internet en sosiale netwerke. Rianette Leibowitz is ’n geakkrediteerde kommunikasie spesialis en kuberveiligheid aktivis wat daarop fokus om bewusmaking te skep en om lewens te red. Sy gebr...

Aug 22, 20181 hr 10 min

Episode 86: Chrisna van Rensburg

Chrisna van Rensburg is die oudste van 6 kinders en kom uit ‘n predikantshuis. Sy het in Mariental in die ou Suidwes-Afrika grootgeword. Haar passie vir boeke en Afrikaanse literatuur is aangesteek as klein dogtertjie by in haar Pa se biblioteek. Kakkerlak aanlyn boekwinkel is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land in privaat besit. Sy roem haar op goeie dienslewering en uit haar 15 000 boeke kan jy boeke vind wat ons nie meer vandag in gewone handel kry nie. Haar liefde vir kinderlitera...

Aug 15, 20181 hr 6 min

Episode 85: Mia Kruger

Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode wor...

Aug 08, 20181 hr 2 min

Episode 84: Chimae Goncalves

Chimae het haar besigheid, Supply Chain Partner, binne drie jaar opgebou tot ‘n internasionale besigheid met kantore in Kanada en Ilse of Man. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Aug 01, 20181 hr 13 min

Episode 83: Jacques Basson

Hierdie week gaan ek die geleentheid gebruik om jou te vertel waarmee ek besig is, die finansiële deurbrake vir Klipkouers as potgooi, my tweede potgooi wat ek binnekort gaan loods (genaamd BOS) en twee haai stories! Lekker luister en onthou: Aanhouer Wen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jul 25, 201827 min

Episode 82: Nelius Dannhauser

Nelius is 'n handelsvlieënier wat Boeings vir Comair vlieg, maar sy dag tot dag funksie het verander. Hulle vlieëniers opleidings skool het besef dat hulle opleiding, veral om stresvolle en lewensgevaarlike situasies te hanteer , ook geleer en toegepas kan word in die korporatiewe wêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jul 18, 20181 hr 2 min

Episode 81: Bouwer Bosch

Bouwer is ‘n sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur, entrepreneur en net ‘n lekker ou. Ons delf bietjie dieper in veral die besigheid van film en hoe die tipiese besigheidsmodel lyk en werk. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jul 11, 20181 hr 26 min

Episode 80: Dr Jacques Faul

Jacques is die CEO van Titans Cricket en in my opinie, die suksesvolste sport CEO in SA op die oomblik. Kom luister hoe die besigheid van krieket werk en hoe Jacques dink en doen. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jul 04, 201843 min

Episode 79: Jaco Gerrits Onderhoud 2

Hierdie man is ver voor sy tyd en 'n massiewe aanwins vir entrepreneurskap in Suid-Afrika. Een van sy baie suksesvolle besighede is Crashdetech, wat gelei het daartoe dat hy aangewys was as Sosiale Entrepreneur 2016. Verder is hy ook 'n model en Ambassadeur vir Biogen...brains en 'n sixpack! Webwerf

Jun 27, 20181 hr 13 min

Episode 78: Willim Welsyn

Willim is ‘n mede Potgooi Pionier wat onlangs geskiedenis gemaak het toe sy potsending, WAT, ‘n ATKV- mediaveertjie gewen het. Dis die eerste keer ooit dat ‘n onafhanklike potsending die toekenning wen WAT histories net vir radio omroepers beskore was. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jun 20, 20181 hr 28 min

Episode 77: Deonne le Roux

Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid is en wat met sy besigheid gebeur het toe hy die meeste van sy kompetisie se deure toegemaak het. Fassinerende gesprek! Webwerf

Jun 13, 20181 hr 10 min

Episode 76: Leilani Kuter

Leilani se positiewe energie en houding is aansteeklik! Haar nuutste besigheid, Date Night SA, het al amper 200,000 Facebook volgelinge. Kom luister hoe alles begin het en meer belangrik, hoe sy die wêreld 'n beter plek maak vir elke R1 wat sy verdien. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

Jun 06, 20181 hr 15 min

Episode 75: Francois van Niekerk

Die biljoenêr wat nie een is nie. My belangrikste en kragtigste onderhoud nog. Francois is die stigter van die Mertech Groep wat bestaan uit 200 maatskappye en die Mergon Foundation wat elke jaar meer as R100 miljoen aan Christen liefdadigheidsorganisasies skenk. Hy is oa die mede-stigter van die Atterbury Groep. Ek beplan om vir 20 gelukkige Klipkouers sy boek, Doing Business With Purpose, te gee. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf...

May 30, 20182 hr 6 min

Episode 74: Helmi Müller

Helmi is die stigter en CEO van Blackland Industries wat fokus op die ontwikkeling van premier huise...huise van so R30 miljoen! Sy entrepreneuriese reis is 'n inspirerende storie van laagte punte, 'n kleintyd vriend wat aansluit en natuurlik hulle volgehoue ontwikkeling en suksesse. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

May 23, 201835 min

Episode 73: Julie Venter

Sekerlik een van my gunsteling onderhoude hierdie jaar. Ons gesels bietjie koffie. Kom hoor hoe sy haar mobile koffiebesigheid begin het. Asook die krag van ‘n selfbetalende bemarkingstrategie. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

May 16, 201847 min

Episode 72: Charl Oberholzer

Kom luister hoe Charl sy natuurlike kreatiwiteit gefokus het ten einde sy eerste T-hemp handelsmerk, De Afrikander, te omskep in ‘n suksesvolle kleinhandel winkel, De Afrikander Handelshuis, wat gefokus is op die internasionale toerismebedryf. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

May 09, 201835 min

Episode 71: Bernie van Niekerk

Ek sal heeldag lank met hierdie interessante man kan gesels. Bernie is die stigter en CEO van Commerce Edge en ‘n e-Procurement pionier. Hulle is die grootste speler wanneer dit by opleiding, publikasie en konferensies kom, aangaande Aankope en Aankopers. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH. Webwerf

May 02, 201855 min
For the best experience, listen in Metacast app for iOS or Android