Klipkouer Kragklont: Louis van der Watt Bonus 2
Klipkouer Kragklont: Louis van der Watt Bonus 2 Webwerf

Klipkouer Kragklont: Louis van der Watt Bonus 2 Webwerf
Klipkouer Kragklont: Louis van der Watt Bonus 1 Webwerf
Louis van der Watt is die medestigter en dryfkrag agter die internasionale eiendomsontwikkelaars groep, Atterbury wat onlangs die grootste winkelsentrum in Afrika gebou het nl. The Mall of Africa in Gauteng. Webwerf
Diens is die wagwoord vir suksesvolle besigheid. Besigheid gaan nie net oor geld nie; jy moet ook ‘n verskil in mense se lewens wil maak Webwerf
Klipkouer Kragklont: Stefan van der Walt Bonus 2 Webwerf
Klipkouer Kragklont: Stefan van der Walt Bonus 1 Webwerf
Vicky le Roux, eienaar van Chicaco Pizza in Vail Colorado vertel my van die uitdagings van 'n seisoenale besigheid. Webwerf
In vervaardiging moet jy nie oorhaastige besluite neem nie, want dit sal jou duur te staan kom sê Theo van den Berg, stigter van Dala Wood. Webwerf
Klipkouer Kragklont: Wouter Snyman Bonus 2 Webwerf
Klipkouer Kragklont: Wouter Snyman Bonus 1 Webwerf
Wouter Snyman, stigter van die Attooh-groep, is die nommer een Discovery finansiële groep in Suid-Afrika. Hy spoedlees 'n besigheidsboek per dag, maar maak seker dat hy elke nuwe "nugget" toepas in sy besigheid en persoonlike lewe. Webwerf
Jaco du Plessis is in die brandvoorkoming besigheid. “Ontleed jou mark en maak kontak met die regte mense sê hy. Op hierdie manier sal jou besigheid kan floreer.” Webwerf
Anesia Darne vertel my van die belangrike rolle wat Tripadvisor, ligging en musiek in haar restaurant speel. Webwerf
Heini Booysen is die mede-stigter van die innoverende en vinnig groeiende aanlyn kos bestellings diens, OrderIn Webwerf
Francois Retief is die mede-stigter van Iono.fm, wat ‘n innoverende “hosting” platform is vir potsendings soos bv. die Klipkouers Potgooi, RSG, BBC, Duitse Radio en vele ander. Webwerf
Adele Walker vertel my hoe haar behoefte aan mede Suid-Afrikaners gelei het tot die stigting van haar promosies en gebeure besigheid in die VK, SAFFAevents. Webwerf
Cerita Nagy gesels met my oor haar kleintyd passie vir ontwerp asook haar passie vir die ontwikkeling van sakevroue wat gelei het tot die stigting van haar ontwerp besigheid en haar rol as Nasionale President van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue. Webwerf
Ek gesels met, Christo Henning van Leon's Motors, in Rustenburg, waar hy onder andere verduidelik hoekom ‘n kar se handelsmerk nie so ‘n groot rol speel in verkope as wat mens dink nie. Webwerf
Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas. Hy gesels met my onder andere oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ‘n nuwe besigheid in Texas te vind en suksesvol te vestig. Webwerf
ABD USA Enterprises voer Amerikaanse karre en motorfietse wêreldwyd uit. Stigter, André van den Berg, gesels met my onder andere oor sy loopbaan as motorfiets-renjaer, $17 in sy sak, toilette skoonmaak tot die heel eerste motorfietsveiling in die VSA. Webwerf
Mousetrap Cheese is ’n besigheid in Kaapstad wat kaas verskaf aan restaurante en lugdienste. Tania Vermeulen, is die dryfkrag agter dié besigheid. Sy gesels met Klipkouers oor onder meer eerlikheid met kliënte en hoe emosionele betrokkenheid by personeel.
Tiaan de Jager, stigter van Medifin en Greenfin, gesels met my oor sy innoverende, webgebasseerde finansieringsdienste besigheid en onder andere hoe sy verskaffers strategiese vennote is wat bydrae tot lae koste verkope in sy besigheid.
Len Fourie, is die breinkrag agter stads- en streeksbeplanning firma Macroplan. Len gesels met my oor hoe ekonomiese probleme, byvoorbeeld die krag krisis, onvoorsiene voordele vir SA besighede kan inhou en hoe sy kleintyd passie gelei het tot suskes is sy beroep.
Kom luister na my eerste en ROWWE aangesig tot aangesig onderhoud met die legende agter die baard, Meyer le Roux. Waar ons onder andere gesels oor die herkoms van Buffelsfontein, die toekoms, Generaal de Wet en baard toupees!
Expat Explore is ’n besigheid in Europa wat gemiddeld 13,000 toere per jaar reël. Die Suid-Afrikaner, Jakes Maritz, is die dryfkrag agter dié besigheid. Hy gesels met Klipkouers oor onder meer hoe om mense aan te stel en hoe jy foute moet hanteer.
Die breinkrag agter die ingenieursfirma Van Zyl en De Villiers in Engeland, Paul Vorster, gesels met Klipkouers oor vriendskap en besigheid, asook innoverende denke in die besigheidskonteks.
Kobus Wiese is ʼn oud-Springbok rugbyspeler wat deel was van die Rugby Wêreldbeker-wenspan van 1995. Sy kleintyd-liefde vir kos en kook het gelei tot Kobus en sy vrou, Belinda, se eerste koffiewinkel, Wiesenhof, wat oor die jare gegroei het tot 65 koffiewinkels met nog 20 tot 25 internasionale koffiewinkels in die pyplyn vir 2016.